Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 06 Jul 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mark was Maandag gesluit weens Onafhanklikheidsdag. Die Amerikaanse mielie-oes toestande is afwaarts aangepas met 64% van die oes wat in goed-tot-uitstekende toestand is in vergelyking met 71% die vorige week. Dit kan pryse effens ondersteun.
Amerikaanse voorraad is 6% hoër as in Junie 2021 met plaasstore wat 22% meer graan berg. Die Brasiliaanse mielie-oes is hersien na 119,3 miljoen ton in vergelyking met 115,2 miljoen ton in 2021. Argentinië bly die goedkoopste oorsprong.
Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het in die rooi gesluit met slegs een kontrak wat in die groen gesluit het. Witmieliepryse het tot en met 1% verloor en geelmieliepryse 1,1%.
Die witmieliekontrak het vir Julie R34/ton laer verhandel vir die dag om teen R4 275/ton te sluit. Witmielies vir lewering in September het R36/ton swakker verhandel teen R4 316/ton.
Die geelmieliekontrak vir Julie 2022 het R41/ton swakker verhandel teen R4 242/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in September het teen R4 296/ton verhandel.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark was Maandag gesluit weens Onafhanklikheidsdag. 91% van die Amerikaanse sojaboonoes het al kop uitgesteek, in lyn met die vyf-jaar gemiddeld. Sewe persent van die oes blom al, effens agter 2021 se tempo van 11%.
Sojaboonvoorraad is 26% hoër as in 2021 met plaasberging wat 22% hoër is as die vorige jaar. Argentinië bly die goedkoopste oorsprong van sojabone.
Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ook gemeng gesluit maar meestal aan die negatiewe kant met die Desember kontrak wat 1,5% verloor het. Pryse bly gebuk onder internasionale druk.
Die sojaboon Julie ’22-kontrak het R78/ton swakker verhandel teen R8 290/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het R94/ton laer verhandel teen R8 420/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het teen R8 547/ton, R128/ton swakker, verhandel.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark was Maandag gesluit weens Onafhanklikheidsdag. Op die 26ste Junie was 41% van die winter koringoes in Amerika gestroop in vergelyking met 35% die afgelope vyf jaar, dit sit druk op pryse. Weens ongunstige weersomstandighede is slegs 30% van die winter koringoes in goed-tot-uitstekende toestand in vergelyking met laas jaar se 48%.
Die lente koring is 59% in goed-tot-uitstekende toestand in vergelyking met 20% die vorige seisoen. Internasionale pryse ervaar druk weens hoë stroop tempo in die Noordelike Halfrond.
Plaaslik: Die plaaslike koringmark was die ligpunt in die tonnel met pryse wat aan die positiewe kant verhandel het. Pryse het tot en met 2,1% gestyg.
Die koring Julie '22-kontrak het teen R7 555/ton verhandel. Die koring September ’22-kontrak het teen R7 463/ton verhandel, R62/ton sterker.
