On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Beurtkrag hou ‘n bedreiging vir die landbousektor in

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 13 Jul 2022

Beurtkrag hou ‘n bedreiging vir die landbousektor in | News Article

Verskeie organisasies het hul kommer uitgespreek oor die impak wat beurtkrag op die landbousektor het.

Sien onderstaande PODCAST

Die impak van die voortdurende kragonderbrekings op die landbousektor en die breër ekonomie hou ernstige implikasies in vir voedselsekerheid en maatskaplike stabiliteit. Dit is die mening van Agri SA. 

LEES OOK: Kenner praat oor private kragopwekking, kostes en beperkings

Die organisasie sê beurtkrag dra by tot inflasie en kan daartoe lei dat boere minder plant weens stygende koste en ontwrigting in plantskedules. Dit verduidelik verder dat beurtkrag die produksiekoste vir boere verhoog in 'n tyd wanneer Suid-Afrikaners verdere voedselprysstygings in die gesig staar en onder ongekende ekonomiese druk verkeer. Dit veroorsaak verdere risiko's en onsekerhede.

Green Connection se Neville van Rooy het ook die organisasie se kommer uitgespreek, en deel dat in 'n poging om die verergerende energiekrisis te verlig, het 'n groeiende lys van Suid-Afrikaanse burgerlike samelewingsorganisasies 'n beroep op die Departement van Minerale Hulpbronne en Minister van Energie, Gwede Mantashe, gedoen om onmiddellik toe te laat dat hernubare energie opgewek en aan die netwerk gekoppel word.

In 'n ope brief aan die minister haal hulle artikel 34 van die Wet op Energieregulering aan wat daarvoor voorsiening maak dat die Minister van Energie 'n bepaling onderteken voordat enige groot nuwe opwekkingsvermoë (meer as 100MW) gebou kan word.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.