On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Kenner praat oor private kragopwekking, kostes en beperkings

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 31 Jan 2022

Kenner praat oor private kragopwekking, kostes en beperkings | News Article
Foto: sonfin.co.za

Boere en die breër publiek is geen vreemdelinge wat beurtkrag in Suid-Afrika betref nie.

Landbou-organisasies het talle kere hulle kommer uitgespreek oor Eskom en sy voorgestelde tariefverhogings soos boere se skouers reeds swaar gepak is met hoë insetkostes, en ander uitdagings soos veldbrande en voortdurende swaar reënval. 

Sien onderstaande PODCAST

Daar is verskeie prosesse wat gevolg moet word om as 'n private individu krag op te kan wek. Die eerste proses sluit in om goedkeuring van Eskom te ontvang, sê Schutte. ‘n Aansoekvorm word by Eskom ingedien wat die kosteberamingsbrief, sowel as die begroting-kwotasieproses insluit. Nadat goedkeuring by Eskom ontvang is, word daardie dokumente na die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) geneem vir die registrasieproses.

Sodra die Eskom-goedkeuringsproses en Nersa-registrasieproses suksesvol afgehandel is, dan is die boer gereed om met sy private kragopwekkingsprojek te begin.


LEES: Agri Northern Cape adds its voice to others opposing Eskom's proposed electricity tariff


Lae- en mediumvoltaansluitings

Enige sonkragstelsel van 'n 1kW-piek tot ‘n 350kW-piek grote kan op ‘n laevoltsisteem gekoppel word. Schutte verduidelik dat ‘n laevoltsisteem is wanneer ‘n boer ‘n 50 tot 500 kVA-punt op sy plaas het, dan kan ‘n 350kW sonkragstelsel gekoppel word. 

“Die koste verbonde aan ‘n laevoltaansluiting, is R1 800 wat by Eskom inbetaal word om die aansoek in te dien. Sodra Eskom se proses voltooi is en die goedkeuring uitgesit is en jy gereed is om te koppel aan Eskom se netwerk, dan vra hulle jou ‘n verdere R10 200,” verduidelik Schutte.

Mediumvolt-aansluitings, aan die anderkant, is stelsels groter as 350kW tot 1MW. Hierdie tipe stelsels hang daarvan af of die boer ‘n grootmaat-toevoerpunt op sy plaas het. Indien hy nie een het nie, moet Eskom eers ‘n grootmaat-toevoerpunt op die plaas bou.

“Die koste om daai grootmaat-toevoerpunt te bou is enigiets van R350 000 tot en met R1 000 000 en dit hang af van wat nog op die plaas gedoen moet word."

Schutte benadruk dat die mediumvoltaansluiting baie duur is by Eskom, maar dat die voordele tog groter is.


LEES: SA’s electricitysituation is weighing farmers down 


Beperkings van private kragopwekking

Die regering het verlede jaar aangekondig dat die publiek tot 100MW se krag as 'n private individu kan opwek sonder om ‘n lisensie daarvoor te kry. Dit volg ná 'n uitgebreide openbare konsultasieproses en 'n aansienlike hoeveelheid tegniese werk wat deur die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie onderneem is. Die regering sê hierdie ingryping weerspieël sy vasbeslotenheid om die nodige stappe te doen om energiesekerheid te bereik en die impak van beurtkrag op besighede en huishoudings regoor die land te verminder.

Schutte sê egter, “die probleem rondom dit, is meeste van ons boere kry hulle krag van Eskom af. So, wat nou gebeur is ‘n boerdery werk in seisoene en Eskom laat banking op die grid toe. Wat dit beteken, is jy kan krag opwek vir jouself… en dat jy ander krag wat jy ekstra opwek, kan terugsit op Eskom se netwerk. Jy kan dit oor ‘n 12 maande periode gebruik. Maar wat Eskom se skema sê, is hulle gaan jou net toelaat om tot 1 MW op te wek."

Hy deel verder dat die oomblik wanneer ‘n boer meer as 1MW wil opsit, verval die kragbank-opsie by Eskom. Die boer moet dan die krag wat hy opwek binne dieselfde maand opgebruik, wat beteken dat hy dit nie na die volgende maand sal kan oordra nie.

Schutte sê finansiële instansies is baie positief teenoor hierdie tipe projekte en eis nie sekuriteit van 'n boerdery om die sonstelsels te finansier nie. Hy deel verder dat die maandelikse paaiement wat betaal moet word, gelykstaande is aan of soms goedkoper is as die boer se besparings elke maand in terme van krag.

Sonfin lewer ook praatjies en voorleggings rakende hierdie onderwerp by boereverenigings en dra ook ‘n borgskap by tot dié vergaderings. Skakel Sonfin vir meer inligting oor hernubare energie en hoe om die proses aan die gang te kry om as 'n private individu krag op te wek by 072 102 6979 of besoek hulle webtuiste.



OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.