On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Beoordeling vir die ‘Jongboer van die Jaar’ skop in Noord-Kaap af

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 18 Jul 2022

Beoordeling vir die ‘Jongboer van die Jaar’ skop in Noord-Kaap af | News Article
FOTO: President van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, JG Horn van Standard Bank, Antonie Geyer, Johan Norval en Johan Pienaar/Facebook.

Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, het jongboere in die provinsie besoek as deel van beoordeling vir vanjaar se Jongboer van die Jaar-kompetisie.

Jansen sê jongboere speel ‘n groot rol in die produksie van voedsel en glo dat hulle, ten spyte van uitdagings, ‘n positiewe bydrae tot die landbousektor sal lewer. 

Sien onderstaande PODCAST

Agri Noord-Kaap wys sy provinsiale wenner tydens sy kongres op 24 en 25 Augustus aan. Daarna vind die nasionale beoordeling plaas en die wenner van die Toyota en Agri SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie word dan gedurende ‘n geleentheid in November in Johannesburg aangewys.

Die ouderdomsbeperking vir die kompetisie is 40 jaar.

Jansen deel dat Toyota hierdie kompetisie al vir 17 jaar aanbied, en dat elke provinsie die geleentheid om ‘n provinsiale kandidaat te identifiseer, wat dit in die nasionale kompetisie verteenwoordig.

LEES OOK: Moenie moed verloor nie, sê trotse Vrystaatse Jongboer van die Jaar

Jansen benadruk dat die hartklop van voortgesette voedselproduksie deur die jongboere in hulle toetrede, groei en suksesse van hulle boerderye as besigheid weerspieël word.

“Ek dink Suid-Afrika is werklik geseënd dat uiters bekwame toetreders tot landbou, boerseuns wat die passie het vir die boerdery-leefwyse, baie hard werk om hulle boerdery-besighede op te bou.

“Hierdie jongboere leef hulle uit in hulle beroep, vind hul beroep as boere bevredigend, vervullend en stimulerend en is dus toegewyd om die ektra wat die omstandighede mag vra, deur deursettingsvermoë uit te voer.”

Jansen waarsku dat boerdery-sukses nie oornag gebeur nie en dat dit ten minste 15 jaar van volgehoue groei en tense toewyding verg om op ‘n punt te kom waar skaal voordele begin help om uitbreiding ‘n bietjie makliker te maak.

“Baie sterkte aan al die deelnemers. Dis lekker om erkenning te kry vir sukses en dis nóg lekkerder vir elkeen van die wenners om met ‘n nuwe Toyota-bakkie huis toe te gaan.”

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.