Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 17 Aug 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemarkpryse het 2% laer beweeg in Maandag se verhandelingsessie as gevolg van kommer oor Chinese vraag wat 'n wye reeks kommoditeitsverkope veroorsaak het.
Handelaars het die verwagtinge dat oestoestande verder kan daal, afgeskud en sal moontlik eers in Dinsdag se sessie op daardie nuus handel dryf. Die mielie-oestoestand het met 1% tot 57% goed tot uitstekende toestand gedaal. Individuele skattings was dat die toestand met 2% sou daal.
Plaaslik: Witmielies het in die vorige sessie gemeng, maar meer aan die negatiewe kant gesluit. Geelmielies het laer verhandel. Beide winste en verliese was maar marginaal.
Die Witmieliekontrak het vir Augustus R5/ton sterker verhandel vir die dag om teen R4 264/ton te sluit. Witmielies vir lewering in September het R6/ton swakker verhandel teen R4 280/ton.
Die geelmieliekontrak vir Augustus 2022 het R25/ton sterker verhandel teen R4 220/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in September teen R4 251/ton verhandel, R29/ton swakker.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het negatiewe marksentiment getoon oor die feit dat die Chinese reserwebank rentekoerse verlaag het na swakker as verwagte ekonomiese data, wat sommige as 'n waarskuwingsteken van wêreldwye resessie sien.
Amerikaanse oliesaadverwerking het vanaf Junie met 3,4% toegeneem en is 9,7% hoër as in Julie 2021. Amerikaanse sojaboonoestoestande het ook 1% verloor sedert verlede week en staan tans op 58% goed-tot-uitstekende toestand. Dit was in lyn met individuele skattings.
Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het swakker as mielies presteer met kontrakte wat tot en met 0,7% verloor het.
Die sojaboon Augustus ’22-kontrak het R41/ton swakker verhandel teen R8 745/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het R56/ton laer verhandel teen R8 780/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R8 300/ton, R30/ton laer, verhandel.
Koring:
Die Amerikaanse koringmarkpryse was nie bestand teen oorvloei van baie ander kommoditeite nie en het ook laer verhandel. Lentekoringkontrakte het die meeste ondersteuning verloor, met oesdruk wat ook verdere druk op pryse geplaas het.
Winterkoring-oes in die VSA is 90% voltooi, maar is onder die vorige vyf-jaar gemiddeld van 94%. Lentekoringtoestande in die VSA het konstant gebly op 64%, wat heelwat hoër is as die vorige seisoen se gradering van 11%. Lentekoringoes is op 16% voltooi, heelwat laer as die vorige jaar se pas van 55%.
Plaaslik: Die plaaslike koringmark het die beste presteer met pryse wat tot en met 1,1% of R115/ton sterker verhandel.
Die koring Augustus '22-kontrak het teen R7 070/ton verhandel, R30/ton sterker. Die koring September ’22-kontrak het teen R7 035/ton verhandel, R9/ton hoër.
