On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 16 Sep 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliemarkpryse het gemiddeld met 1,5% gedaal ná 'n rondte tegniese verkope wat deur die verkoop op Wall Street Woensdag aangespoor is. Dreigende vrese vir stakings van spoorwerkers plaas ook druk op pryse. Etanolproduksie kon vir die vyfde agtereenvolgende week nie die 1 miljoen vat per dollar-kerf bereik nie.
  • Plaaslik: Plaaslike mieliepryse het gemeng, maar meestal negatief gesluit. Verliese was maar marginaal. Die plaaslike mieliekontrakte verhandel relatief sywaarts die afgelope paar dae.
  • Die witmieliekontrak het vir September R2/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 708/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Desember het R21/ton laer verhandel teen R4 774/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir September 2022 het R25/ton laer verhandel teen R4 651/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Desember het teen R4 739/ton verhandel, R25/ton swakker.

Sojabone:

  • Die Amerikaanse sojaboonmark het vir die tweede agtereenvolgende dag aansienlik veld verloor. Sojaboon- en sojameel-invoer vanaf die Europese Unie het afgeneem. Ontleders verwag dat syfers wat vandag bekend gemaak word, 'n rekord-persingsyfer in Augustus sal aandui.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het swakker verhandel in die vorige sessie.
  • Die sojaboon September ’22-kontrak het R36/ton swakker verhandel teen R9 115/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het R24/ton laer verhandel teen R9 300/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R8 700/ton, R7/ton laer, verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmark het nog 'n positiewe dag gehad, aangesien vrese oor produksie en uitvoer oor die Swartsee-streke opduik. Kanada verwag dat die koringoes met 55% sal toeneem vergeleke met die vorige jaar nadat dit met wydverspreide droogte in 2021 te doen gehad het. Algehele toestande vir die Australiese koringoes lyk redelik goed. Rypskade is 'n moontlikheid. Europese koringuitvoer is 5,6% hoër as die vorige jaar.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het ook gemeng gesluit, maar meestal positief. Winste en verliese was marginaal.
  • Die koring September '22-kontrak het teen R7 010/ton verhandel, R10/ton hoër. Die koring Desember ’22-kontrak het teen R6 979/ton verhandel, R2/ton laer.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.