On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 16 Sep 2022

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: Mpoi Ntaitsane, jongboer van Jagersfontein.

Ons kyk na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard-May lig nou vandeesweek se hoofstories op OFM uit.

Sien onderstaande PODCAST

Weiding in die Jagersfontein-distrik is deur slik bedek weens 'n myndamwal wat Sondagoggend gebars het. Foto's en videos is wyd op sosiale media versprei van hoe sterk strome water deur nabygeleë gebiede onder meer vee weggespoel het. Albertus van Schalkwyk, die voorsitter van Jagersfontein Landbouvereniging, het aan OFM se Good Morning Breakfast-span gesê die slik wat op die gras en landbougrond lê, is nie goed vir diere en plante nie. Hy beskryf dit as 'n langtermyn probleem.

'n Bedrag van R1,9 miljoen is deur Agri Securitas Trustfonds, ’n nie-winsgewende organisasie wat hulle vir landelike veiligheid beywer, uitbetaal om misdaad in die landbougemeenskap te bekamp. Agri SA sê in 'n verklaring die fonds het versoeke van 22 boereverenigings in vyf provinsies ontvang en dat fondse aan boereverenigings in Noordwes, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Mpumalanga en die Vrystaat toegeken is. Die organisasie verduidelik verder dat die mate waartoe die boerderygemeenskap onderhewig is aan geweld en eiendomsverwante misdaad, 'n negatiewe impak op voedselsekerheid en landbou-beleggings het.

Die LUR van Landbou in die Vrystaat, Thembeni Nxangisa, het sy innige meegevoel betuig met die familie van 'n kommunale boer wat in Jagersfontein dood is. Aaron Mosoeu was onder diegene wat as vermis aangemeld is toe 'n myndamwal Sondag in die klein dorpie gebars het. OFM-nuus se Bambata Giko berig die oorstromings van die dam het groot verwoesting gesaai toe dit deur die gemeenskap gespoel het en groot skade aan huise, motors en ander besittings veroorsaak het.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê daar is 'n sterk waarskynlikheid van 'n swak La Niña-verskynsel, wat matige reën sal meebring wat gunstig vir landbouproduksie is. Die weerdiens meld dat reënvaltoestande wel gedurende die vroeë somer, wat gedurende Oktober, November en Desember is, sal verbeter, tot aan die begin van die middel-somermaande, wat November, Desember en Januarie is. Dit is 'n gunstige tyd vir die aanplanting van somergrane en oliesade, aangesien hierdie gewasse tipies hoë vog nodig het tussen Oktober en Februarie die volgende jaar.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.