On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Daniëlskuil-boerevereniging hou tweede inligtingsdag

───   05:00 Fri, 16 Sep 2022

Daniëlskuil-boerevereniging hou tweede inligtingsdag | News Article

Die Kuil TLU Boere-unie gaan hul tweede inligtingsdag op 1 Oktober 2022 in die Noord-Kaap aanbied by Klipfontein, 25 km vanaf Daniëlskuil, in die rigting van Kuruman by die Bleka-afdraai.

Sien onderstaande PODCAST

“Ons begin die oggend alreeds 07:30 met registrasies, waartydens ons dan koffie, tee en toebroodjies gee - net om aan die gang te kom en almal bymekaar te kry,” sê Cobus van Niekerk van dié boere-unie.

Volgens Van Niekerk sal die geleentheid om 14:00 eindig. Dit sal egter afhang van hoe lank die kuier duur. Die kaartjies vir die geleentheid kos R150 per persoon en is betaalbaar met registrasie. Besprekings vir die kaartjies kan ook vooruit gedoen en betaal word.

“In ruil vir die R150 gee ons buiten die inligtingsessie ook 'n middagete, wat 'n biefstuk-ete sal wees waartydens ons met mekaar gaan sit en kuier," voeg Van Niekerk by.

Die geleentheid is daarop gemik om 'n inligtingsessie vir boere en belangstellendes in landbou en boerderye te wees. Die geleentheid gaan aandag gee aan kwessies soos die regte voeding vir vee, die regte katalogiseerder om 'n bul te koop, veegesondheid en finansiering vir Landbou in die algemeen.

“En dan het ons Vonnie, hy is deel van die KLK-groep en hy doen finansiering. So hy gaan bietjie kom praat oor finansiering vir die boer - wat is slaggate, wat is goeie dinge om na te kyk en sommer net bietjie oor die algemeen oor finansiering vir die landbou gesels,” voeg Van Niekerk by.

Van Niekerk vertel aan OFM-nuus, die eerste geleentheid is grasdag genoem en het gefokus op sake rakende weiding. Die geleentheid is gehou voordat Covid-19 begin het en het as 'n proeflopie gedien. Aangesien die proeflopie 'n sukses was, het dit die boere-unie vertroue gegee om 'n tweede inligtingsdag te reël.

“Dit gaan 'n lekker ontspanne dag wees met baie inligitng - inligting wat 'n mens nie elke dag raaklees nie. So, ek dink dit sal die moeite werd wees,” sluit Van Niekerk af.

Mense word aangemoedig om Van Niekerk by 083-500-6540 te kontak, of alternatiewelik, Rudolph Theunissen by 082-784-2766 vir kaartjiebesprekings. Besprekings sluit op 26 September 2022.

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.