Agriculture
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 30 Sep 2022
Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard-May lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit.
Sien onderstaande PODCAST
Agri SA gaan met Eskom vergader oor die beurtkrag en die uitwerking wat dit op die landboubedryf se vermoë het om kos te produseer. Christo van der Rheede, die organisasie se uitvoerende direkteur, sê Agri SA behoort binne die volgende week of so met die nasionale kragvoorsiener te vergader, met die hoop dat daar oplossings ter tafel gelê kan word. Van der Rheede het ook beklemtoon dat dit nie net die landboubedryf is wat negatief deur beurtkrag geraak word nie. Talle ander bedrywe, tesame met gewone landsburgers, moet kerse op hulle noodsaaklikhede-lys voeg.
Afgesien van die humanitêre skok van die Russiese inval in Oekraïne, was sitrus-uitvoerders in Suider-Afrika uiters bekommerd oor bemarkingsgeleenthede in 'n land wat tussen 7% en 10% van uitvoer uitmaak. Dit is volgens Justin Chadwick, die hoof uitvoerende beampte van die Sitruskwekersvereniging. Hy deel in sy weeklikse nuusbrief dat jaar-tot-op-datum, is die uitvoer van suurlemoene en lemoene op gelyke voet met die afgelope twee jaar, terwyl mandaryne se uitvoer nog voorlê. Daarmee saam was pomelo-uitvoer minder as die vorige twee jaar. Ten spyte hiervan, sê Chadwick, het algehele sitrusuitvoer na Rusland in 2022, 2021 se uitvoer oorskry.
Die Departement van Landbou in die Vrystaat het verskeie maatreëls geïmplementeer om te verhoed dat bek-en-klouseer verder in die provinsie versprei. Die departement het verlede week aangekondig dat die siekte in Viljoenskroon, Marquard en Bethlehem gestabiliseer het, en dat alle aanwysers toon dat die virus nie meer in hierdie drie gebiede sirkuleer nie. OFM-nuus se Heidre Malgas berig bek-en-klouseer is egter nou ook op 'n plaas in Hertzogville bevestig, maar planne is beraam om bek-en-klouseer-toesig op naburige plase uit te voer.
EN
Groot opwinding heers voor die NAMPO ALFA Vee-, Jag- en Buitelug-ekspo, wat vanaf Donderdag 29 September tot Sondag 1 Oktober by Nampo Park buite Bothaville plaasvind. Albert Loubser, NAMPO Alfa se veeprogramkoördineerder, deel dat die huidige uitbrekings van bek-en-klouseer tot gevolg gehad het dat hulle van hul beesprogramme moes kanselleer. Loubser sê besoekers moet hulself gereed maak vir 'n propvol veeprogram.
