On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Wenke vir wolprodusente om ekonomiese verliese te vermy

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 28 Sep 2022

Wenke vir wolprodusente om ekonomiese verliese te vermy | News Article

‘n Bestuurskalender is belangrik vir enige lewendehaweprodusent omdat dit hulle in staat stel om om tred te hou met onder meer die seisoen en wanneer diere vir paringstyd voorberei moet word.

OFM-nuus het met Jan Louis Venter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in Bloemfontein in die Vrystaat gesels. 

Hy deel veebestuursaksies vir wolprodusente.  

Wenke vir suiplammers wat gedurende Augustus/September gebore is

  • Lammers moet teen melklintwurm gedoseer word en produsente moet 'n middel gebruik wat Albendasool bevat. Produsente moet egter lintwurmbeheer toepas wanneer suiplammers minstens drie maande oud is of wanneer daar lintwurmsegmente in die mis voorkom.

LEES OOK: Wees op die uitkyk vir dieresiektes soos slenkdalkoors ná reën

  • Daarmee saam is die toediening van viitamiene A en E en minerale ook belangrik omdat die lammers dit baie nodig het, veral as hulle nooit groen weiding gevreet het nie.
  • Venter waarsku dat lammers nie nou al teen siektes soos bloutong, bloednier of pasteurella ingeënt moet word as die ooie daarteen ingeënt was nie. Produsente moet wag totdat lammers minstens 12 weke oud is, sodat hulle eers self immuniteit kan opbou.
  • Kruipvoeding is ook belangrik aangesien die ooie se melk vinnig begin afneem en die lammers hulself moet begin handhaaf. Venter raai aan dat die beste praktyk gedurende hierdie stadium is om die ooie en lammers na vars weiding te skuif sodat die lammers goeie voeding ontvang.

LEES OOK: Wees op die uitkyk vir insek-oordraagbare siektes

  • In gevalle waar voer nie genoeg is nie, kan produsente die lammers vroeër begin speen. Hulle moet ten minste 22kg wees en sowat 60 dae oud wees.

Wenke vir ooie wat in Oktober/November gepaar gaan word

  • Vir ooie om goed ram te vat, sê Venter moet hulle groei in kondisie. Venter sê ooie moet geprikkel word deur hulle na ‘n spaarveld te skuif of prikkelvoeding te gee 14 dae voordat die ramme bykom. Sjokolade-mielies met 4% vismeel werk goed as prikkelvoeding. Die ooie moet dan ook 150g hiervan per dag, vanaf 14 dae voordat die ramme bykom tot 21 dae nadat die ramme bygesit is.
  • Koggelramme werk baie goed hierdie tyd van die jaar om die ooie op hitte te kry. Koggel die ooie net vir nege dae en sit dan die ramme by – die vrugbaarste ooie kom op hitte binne nege dae nadat die koggelramme bygesit is.

LEES OOK: Inwendige parasiete - die 'onsigbare winsvreters’

  • Venter waarsku dat veertien dae te lank is want dan sal die heel vrugbaarste ooie reeds weer van hitte af wees. Ooie wat gepaar gaan word moet gemikskeer word as hulle langwol het.
  • As produsente vermoed dat hulle lammers gaan verloor, dan moet hulle ooie ses weke voor paring teen ensoötiese aborsie inent. Ooie moet ook teen bloednier en pasteurella met ‘n kombinasie-entstof ses weke voor paring ingeënt word.

Wenke vir ooie met lammers wat gedurende Augustus/September gebore is

  • Venter raai wolprodusente aan om ooie te soog-en-droog. Die wie se spene vuil is, moet gemerk word, want hulle het nie ‘n lam by hulle nie. Sodra hulle weer tydens ‘n soog-en-droog sonder ‘n lam loop, moet hulle geprul word. Hulle lam, maar maak nie lammers groot nie.
  • Foutiewe spene of swere in uiers kan ook redes wees waarom hulle nie ‘n lam het nie.

LEES OOK: Inenting belangrik teen dieresiektes wat tot verliese kan lei

  • Ooie moet met lewendige entsowwe soos onder andere bloutong en slenkdal ingeënt word.

Wenke vir ramme

  • Volgens Venter moet alle bestuursaksies van die ramme minstens agt weke voor paring afgehandel wees. Hy sê ramme kan tydelik onvrugbaar word as hulle gehanteer word of met lewendige entstof behandel word. Dit vat dan agt weke vir die ramme om weer hul semenvolume aan te vul.
  • Ramme moet vir vrugbaarheid en geslagsiektes getoets word, hulle moet geskeer word en al die nodige inentings vir siektes soos pasteurella en bloednier moet toegedien word.
  • Doserings veral teen interne parasiete, bosluise en neuswurm en aanvullings van vitamien A en E en minerale moet ook toegedien word.
  • Net soos ooie, moet produsente ook sorg dat die ramme in 'n goeie kondisie voor paring is.

ALSO READ: Meetings held in Free State to stop further spread of #FMD

  • Venter raai aan dat prikkelvoeding soos hawerpitte of 'n goeie lek vir ramme gegee word vir goeie resultate.
  • Wees versigtig vir skoon mielies of sjokolade-mielies, aangesien dit tot die aansameling van vet om die testis kan lei, wat die ramme se vrugbaarheid aantas.
  • ‘n Lek hoog in proteïene werk goed. Sorg vir genoeg vreetspasie sodat die ramme almal gelyktydig kan vreet.
  • Produsente moet elke ram een keer per week met 20ml koringkiem doseer die laaste vier weke voor paring.
  • Venter voeg by dat sodra die ramme by die ooie uitkom, moet produsente begin om hulle in te ent met lewendige enstowwe soos bloutong, slenkdal, ensovoorrs. Hierdie aksies moet ten minste agt weke voor die volgende paring afgehandel word.

Die NWKV beklemtoon dat produsente hul veearts moet nader indien daar enige twyfeling is rondom die gesondheid van hul diere.

Vir meer inligting besoek NWKV se webtuiste.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.