Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 09 Nov 2022
FOTO: Graan SA/Facebook
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het Dinsdagoggend met 0,79% gedaal.
- Die USDA-oesvorderingsverslag is Maandag vrygestel. Die Amerikaanse mielie-oes is 87% ver gestroop, dit vergeleke met die vyfjaargemiddelde van 76%. Die VSA wag vir reën om die Mississippi-rivier te vul (wat gebruik word om groot hoeveelhede graan te vervoer), in 'n poging om die verkeer te vergemaklik.
- Die globale mielievoorraad bly beperk. Die WASDE-verslag, wat Woensdagaand vrygestel word, sal verdere insigte gee in die wêreldwye vraag en aanbod.
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdag met afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in November 2022, R8/ton (+ 0,15%) geklim om teen R5 323/ton te sluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in November 2022, R13/ton (- 0,25%) hoër verhandel om teen R5 100/ton te sluit. Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R4/ton (+ 0,08%) geklim om teen R5 307/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R20/ton (- 0,39%) laer verhandel om teen R5 142/ton te sluit.
- Uitvoervoornemens vir witmielies word hierdie week op 7 641 ton geraam. Kleiner hoeveelhede word gewoonlik na buurlande uitgevoer.
- Vir geel mielies sal twee groot vaartuie na verwagting uitgevoer word. 'n Vaartuig wat bedoel is vir die week wat op 4 November eindig, het opgeskuif na hierdie week.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Dinsdagoggend met 0,79% gedaal.
- Op die korttermyn sal markte na verwagting oor nuus oor die Swartsee-korridor, Brasiliaanse politiek en reën in Argentinië beweeg. Volgens langtermyn sentiment, word daar groot Suid-Amerikaanse oeste verwag. Maar voortdurende droë weer in Argentinië, en Chinese inperkings, bly wagpunte.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdagoggend met afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2022 met R15/ton (- 0,14%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R10 800/ton. Die sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022, R77/ton (- 0,71%) laer verhandel om teen R10 794/ton te sluit.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend 0,86% hoër verhandel.
- Markte bly wisselvallig terwyl hulle wag op nuus oor die toekoms van Oekraïense uitvoerkorridor. Pryse bly ondersteun, maar markoptimisme hou winste beperk.
- Ongunstige weer in die Suidelike Halfrond veroorsaak kommer oor produksie. Die Buenos Aires-graanbeurs het Argentinië se 2022/23-koringoes Donderdag tot 14Mt gesny, laer as sy vorige skatting van 15.2Mt. Langdurige droogte, gekombineer met uitgerekte ryp oor die begin van verlede week in die land se vernaamste koringverbouingstreke, is die redes vir hierdie verdere produksiebesnoeiings.
- Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag met afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in November 2022 het met R72/ton (- 1,00%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 115/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R60/ton (- 0,83%) laer verhandel om uiteindelik op R7 150/ton te sluit.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
