Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 28 Nov 2022
FOTO: nwkarena.co.za
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag met effense opwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R86/ton (+1,63%) geklim om teen R5 360/ton te sluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R82/ton (+1,63%) hoër verhandel om teen R5 100/ton te sluit. Die witmieliemark het, vir lewering in Maart 2022, R90/ton (+1,71%) geklim om teen R5 355/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Maart 2022, R86/ton (+1,70%) hoër verhandel om teen R5 135/ton te sluit.
- Vir die week geëindig 18 November is 'n totaal van 36 481 ton mielies uitgevoer. Daarvan was 31 614 ton witmielies en 4 867 ton geelmielies.
- Die agt-week-uitvoervooruitskouing wat deur SAGIS gepubliseer is, dui op 'n toename in die witmielie-uitvoertempo. In so 'n mate dat uitvoere voorspel word om bo die vorige seisoentempo te wees, sowel as die vyf-jaar gemiddelde. Geelmielies diepsee-uitvoere het opgedroog tot middel Januarie 2023. Slegs 47% van die witmielies wat vir uitvoer geskat word, is uitgevoer. Witmielie-uitvoer na Mexiko neem toe.
- Tans verhandel die ‘spot’ geelmieliekontrak effens bo die Argentynse uitvoerpariteitsvlak van R4 733/ton, en onder die VSA uitvoerpariteitsvlak van R5 237/ton. Die Argentynse invoerpariteitsvlak is tans R5 754/ton en Amerikaanse invoerpariteit is R6 455/ton. Randfontein is as verwysing gebruik.
Sojaboon:
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022 met R50/ton (-0,49%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R10 190/ton. Die sojaboonmark het vir lewering in Maart 2022, R9/ton (-0,09%) laer verhandel om teen R10 090/ton te sluit.
- Tans verhandel die spot-sojaboonkontrak bo die Argentynse uitvoerpariteitsvlak van R9 537/ton, asook die Brasiliaanse uitvoerpariteitsvlak van R9 722/ton, en die Amerikaanse uitvoerpariteitsvlak van R9 990/ton.
- Die Argentynse invoerpariteitsvlak is tans R12 061/ton en Amerikaanse invoerpariteit is R12 550/ton. Randfontein is as verwysing gebruik.
Koring:
- Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met gemengde tendense verhandel. Die Desember 2022 koringkontrak het met R15/ton (-0,22%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 680/ton. Die Maart 2022 koringkontrak het met R22/ton (-0,32%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 807/ton.
- Vir die week wat op 18 November geëindig het, is 'n totaal van 34 023 ton koring ingevoer, vanaf Letland (14 334 ton) en Rusland (19 689 ton). Die huidige koringinvoertempo neig bo die vorige seisoen-gemiddeld sowel as die vyf-jaar-gemiddeld.
- Tans verhandel die kolkoringkontrak ver onder die Duitse invoerpariteitsvlak van R7 480/ton. Die Argentynse invoerpariteitsvlak is tans R8 388/ton en Amerikaanse invoerpariteit is R7 758/ton.
- Randfontein is as verwysing gebruik.
- Spot koringkontrakte verhandel tans naby uitvoerpariteitsvlakke. Die nuwe bemarkingseisoen het begin met groot eindvoorrade, tesame met die grootste deel van die oes wat die mark betree het. Die verhoogde tempo van koringinvoer dra ook by tot die voorraad.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
