Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 25 Jan 2023
FOTO: Graan SA/Facebook.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het sedert Maandag met 1,48% gedaal.
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdag met gemengde tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte.
- Die witmieliemark het vir lewering in Januarie 2023 met R1/ton (-0,02%) gedaal en teen R4 800/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Januarie 2023 met R1/ton (+0,38%) hoër verhandel om teen R4 740/ton te sluit.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Dinsdagoggend met 1,08% gedaal.
- Op die kort termyn sal die baie verbeterde vooruitsigte in Argentinië die sojaboonmark onder druk plaas.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdagoggend met gemengde tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Januarie 2023 met R50/ton (+0,50%) hoër verhandel om teen R10 100/ton te sluit.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend 2,89% laer verhandel.
- Mededingende Swartsee-voorrade en bewegings in mieliemarkte druk pryse op korttermyn.
- Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag met gemengde tendense verhandel.
- Die Januarie 2023 koringkontrak het met R32/ton (-0,49%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 450/ton.
