On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Stadiger ekonomiese groei in 2023 verwag

───   ELSABÉ RICHARD 08:17 Wed, 25 Jan 2023

Stadiger ekonomiese groei in 2023 verwag | News Article
FOTO: Agri SA.

Die voorspelling vir 2023 is dat die wêreldekonomie stadiger gaan groei as wat verwag is.

Dit is volgens ekonoom en prof. Waldo Krugell, verbonde aan die Noordwes-Universiteit. 

Krugell sê die oorlog in Oekraïne het daartoe gelei dat die internasionale aanbod van onder meer mielies en sonneblom kleiner is. 

“Regoor die wêreld het 2022 se prysskokke nou ‘n tweede uitwerking. Die skerp stygings in energiepryse het die koste van produsente regdeur die voorsieningskettings verhoog, en gaan verbruikers nog vir ‘n lank tyd tref.

“Hoë inflasiekoerse hou rentekoerse hoog en demp verbruiksbesteding verder. As 'n mens wil hoop vir ekonomiese groei, waar sal dit dan vandaan kom?

LEES OOK: Ekonoom praat oor landboumarkvooruitsigte

“Verbruiksbesteding word beperk deur hoë pryse en rentekoerse. In sulke omstandighede brei ondernemings nie sommer uit nie, en investering gaan ook nie veel groei nie,” deel Krugell.

Hy sê owehede is deur die bank onder druk ná groot besteding tydens die Covid-19-pandemie. Daarmee saam sê hy vooruitsigte lyk nie goed nie, maar dat daar wel plekke is om te kyk vir ligpunte.

LEES OOK: Kommer oor winsmarges vir veebedryf

“Daar is groot hoop dat die Chinese ekonomie beter kan vaar noudat hulle afgesien het van hulle streng zero-Covid-beleid en inperkings. Dit sal Suid-Afrikaanse uitvoerders help.

“Daar is ook markdeelnemers wat dink dat Amerikaanse inflasie onder beheer gaan kom en dat hulle rentekoerse nie veel meer gaan verhoog nie.

“Dit sal die beurs en die rentekoerse help en dit ook moontlik maak om rentekoerse in Suid-Afrika te verlaag,” vertel Krugell verder.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.