Agriculture
Wolmark presteer positief vir derde agtereenvolgende veiling─── ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 27 Jan 2023

Die Rand was wisselvallig oor die verloop van hierdie week se wolveiling, en het met 1,05% verswak teenoor die Amerikaanse dollar.
Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,2% vir nie-RWS en 4% vir RWS wol gestyg teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R173,81/kg en R189,08/kg, onderskeidelik, gesluit.
“Op die OVK-veiling is 1 881 bale aangebied, waarvan 92,93% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R199/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot BMY van 16.9 mikron, uit die skeersel van DJH Kotze, vanuit die Colesberg-distrik.”
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 1 Februarie geskeduleer.