On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Kommer oor stygende insetkoste in 2023

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 07 Feb 2023

Kommer oor stygende insetkoste in 2023 | News Article
FOTO: Antony Trivet/Pexels.

Suid-Afrika staan voor ‘n moeilike ekonomiese tydperk en boere moet groot aanpassings maak om voortaan suksesvol te kan produseer.

Landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, is bekommerd dat boere minder sal produseer indien insetkoste te hoog word en dit nie meer ekonomies volhoubaar is om te produseer nie.

Hy waarsku dat wanneer minder voedsel geproduseer word en die aanbod daal terwyl die vraag dieselfde bly, verbruikers meer sal betaal omdat voedselpryse as gevolg daarvan sal styg.

LEES OOK: Hoë insetkoste laat melkprodusente hekke sluit

“In die ekonomie sê ons hoë pryse sorg vir hulself. As die pryse te hoog is, dan gaan daar meer geproduseer word. As die pryse te laag is, dan gaan daar minder geproduseer word."

Laubscher sê boere moet ook pryskenners word sodat hulle pryssiklusse kan identifiseer en rondom dit kan beplan.

ALSO READ: El Niño on the cards for South Africa

“Ek is baie bekommerd vanjaar. Ons het geweldige stygings [in insetkoste in 2022] gehad. Dit gaan die volhoubaarheid van produksie in ons land geweldig raak.

“Ek dink [in] die huidige seisoen gaan dit dalk reflekteer, alhoewel met die goeie reën het die boere besluit om [maksimum hektare] te plant, maar met die vooruitsigte van El Niño wat voorspel word vir die res van die jaar, dink ek ons volgende produksieseisoen gaan anders lyk.”

LEES OOK: Hoë dieselprys ‘n gevaar vir voedselsekerheid

Ten spyte van kommer oor voortslepende hoë insetkoste, is ekonoom Dawie Roodt wel positief oor die toekoms van landbou weens die verskeie geleenthede wat vir die sektor voorlê.

Een hiervan is 'n ooreenkoms wat Suid-Afrika met Saoedi-Arabië gesluit het om beesvleis uit te voer na dié land.

Die hoof uitvoerende beampte van die Beefmaster-groep, Louw van Reenen, sê hulle verwag dat Saoedi-Arabië tot 1 000 ton beesvleis per jaar sal bestel. 

Dié ooreenkoms sal na verwagting vanjaar in werking tree.

“Ek is baie opgewonde oor die toekoms van landbou oor die algemeen. Dit het hoofsaaklik te doen met tegnologiese vooruitgang van goed soos presisieboerdery en genetiese manipulasie. Landbou dink ek is van [daardie] industrië wat groot voordeel gaan kry uit sekere tegnologiese veranderings," voeg Roodt by.

LEES OOK: Onsekerheid heers steeds ná Rusland, Oekraïne se uitvoerooreenkoms

Die Rusland/Oekraïne-oorlog het 'n beduidende uitwerking op onder meer brandstof- en kunsmispryse. Onsekerheid heers egter steeds oor wanneer dié oorlog sal ophou.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.