On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Onsekerheid heers steeds ná Rusland, Oekraïne se uitvoerooreenkoms

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 27 Jul 2022

Onsekerheid heers steeds ná Rusland, Oekraïne se uitvoerooreenkoms | News Article

Die Rusland/Oekraïne-konflik gaan voort om onsekerheid in landboumarkte te saai.

Dié twee lande het Vrydag ‘n uitvoerooreenkoms onderteken, wat tot groot verligting gelei het, maar daar het Sondag berigte ontstaan oor ‘n aanval by die Odessa-hawe, wat graanuitvoer kan bemoeilik. 

LEES OOK: Hoe die Rusland-Oekraïne-konflik SA boere kan raak

Die ooreenkoms tussen Rusland en die Oekraïne, wat in Turkye onderteken is, sou die uitvoer van grane deur die Swartsee-hawens bewerkstellig. Dit sou ook toegelaat het dat graanuitvoer oor ‘n tydperk van vier maande kon plaasvind, wat weer aan die einde van die tydperk hersien sou word.

LEES OOK: Rusland-Oekraïne-konflik het landboukommoditeite só geraak

Heleen Viljoen, ‘n landbou-ekonoom by Graan SA, verduidelik dat die doel van die ooreenkoms was om die uitvoer van koring, sonneblom en veral kunsmis in die wêreld te bevorder. “Maar daar moet ook in ag geneem word dat alhoewel Oekraïne grane mag uitvoer, kan hulle dit nie noodwendig doen nie. Infrastruktuur en vervoerroetes is reeds beskadig, wat ‘n invloed kan hê op Oekraïne se vermoë om uit te kan voer.”

Viljoen voeg verder by dat die landboumarkte tans baie sensitief is vir enige inligting wat bekendgemaak word oor Rusland en die Oekraïne. Die Amerikaanse mark het Vrydag skerp afwaarts gereageer ná die afloop van die uitvoerooreenkoms, maar toe die nuus Sondag breek van die Odessa-hawe wat aangeval is, heers daar weer onsekerheid in die markte.

“Iets waarop ons wel kan fokus, is die langer termyn waar die pryse van insetkostes, veral vir kunsmis, ‘n groot rol gaan speel in die kommoditeitsmarkte en kommoditeitspryse,” sê Viljoen.

Luister na die volledige PODCAST hier:

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.