On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 22 Feb 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: compoexpert.com

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het onveranderd verhandel.
  • Amerikaanse markte was Maandag gesluit vir 'n openbare vakansiedag (Presidentsdag). Markte bly ondersteun deur kommer oor die toestande van die Argentynse oes op die kort termyn.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdag met opwaartse tendense verhandel vir wit- en geelmieliekontrakte. 
  • Die witmieliemark het vir lewering in Februarie 2023 met R34/ton (+0,77%) geklim en teen R4 480/ton gesluit. 
  • Die geelmieliemark het vir lewering in Februarie 2023 met R74/ton (+1,65%) hoër verhandel om teen R4 594/ton te sluit.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het onveranderd verhandel.
  • Op die kort termyn weeg pessimisme oor Brasilië se oes in op die mark, terwyl die droogte wat in Argentinië voortduur, die mark ondersteun.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdag met gemengde tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Februarie 2023 met R96/ton (-0,93%) gedaal om teen R10 260/ton te sluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het onveranderd verhandel.
  • Wisselvalligheid word op kort termyn verwag terwyl ons wag op nuus oor die Oekraïense uitvoerkorridor. 
  • Die hernuwing van die Swartsee-inisiatief, die Oekraïense graanuitvoerkorridor, bly 'n sleutelondersteunende faktor in globale graanmarkte. 
  • Soos die sperdatum van 19 Maart nader, bou markte 'n mate van risiko in pryse in weens kommer of hierdie ooreenkoms verleng sal word, met Rusland wat ongelukkig is met huidige sanksies en Oekraïnse skepe wat tans toustaan vir inspeksies. 
  • Sou ons 'n verlenging sien, kan dit bydra tot 'n effense lomp prysvooruitsig op die langer termyn.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag met opwaartse tendense verhandel. 
  • Die Februarie 2023 koringkontrak het met R27/ton (+0,39%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 980/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.