On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement monitor invloei van Vaaldam

───   ELSABÉ RICHARD 16:27 Wed, 22 Feb 2023

Landbounuus-podcast: Departement monitor invloei van Vaaldam | News Article
By Michael Gundelfinger - Own work, CC BY-SA 4.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=64105246

Die Departement van Water en Sanitasie monitor steeds die invloei van water in die Vaaldam wat tans 120% vol is.

Woordvoerder Wisane Mavasa sê die departement  het reeds sedert 11 Februarie begin om sluise oop te maak. Sy sê hulle is ook bewus van die invloei vanuit ander oorde wat verder druk plaas op die Vaaldam se  kapasiteit, en sal indien nodig, nog sluise oopmaak.

Intussen sê die President van die Oranjerivier Landbou-unie Wilco Fourie die vloed wat vanjaar vir die vierde keer sedert 2021 ervaar word, is in lyn met  grootskaalse skade soortgelyk aan 2011 toe skade van miljoene rande aangerig is. Fourie sê gemeenskappe stroomaf in die Kai Garib munisipale regsgebied sal moet skuif na hoërliggende gebiede.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het weer 'n waarskuwing vir uitermatige hoë temperature uitgereik vir die Upington-omgewing in die Noord-Kaap. Die weerdiens  waarsku dat langdurige blootstelling aan die middagson gesondheidsrisiko's inhou en kan lei tot dehidrasie en hitteslag. Dit sê die brand-gevaar-indeks is ook  bo 75, wat kan lei tot die vinnige ontstaan en versprei van veldbrande.

Twee verdagtes, Kamohelo Motankisi en Lerato Selepe, wat tereg staan vir die Lismore-moorde buite Kestell, waar sewe mense vermoor is, verskyn na verwagting  Woensdag in die hof. Hulle staan tereg op 12 aanklagte, onder meer moord en roof met verswarende omstandighede. Die liggame van ses vroue en een jong man is op  15 Julie 2022 ontdek deur die plaaseienaar Alheit Smith. Een van die slagoffers was sy vrou.

EN

Die regering moet vasberade wees om hulpbronne toe te ken om die volhoubare produksie van voedsel in die belang van alle Suid-Afrikaners te verseker.  Dit is volgens Agri SA in afwagting tot die begrotingsrede wat deur Minister van Finansies Enoch Godongwana gelewer sal word. 

OFM-nuus












@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.