Agriculture
Landbounuus-podcast: Vooruitsigte vir vanjaar se begrotingsrede─── ELSABÉ RICHARD 16:58 Tue, 21 Feb 2023

Die huidige begrotingsraamwerk bly negatief aangesien Suid-Afrika meer geld bestee as wat die land inkry.
Nedbank-streekbestuurder van landbou in die Vrystaat Stephan Smith sê die testourie se skuld staan al op amper as 70% van die BBP. Smith sê die regering moet in Woensdag se begroting daarop konsentreer om die land se fiskale posisie te verbeter. Hy waag enkele voorspellings.
Intussen vra Vrystaat Landbou gemeenskappe moet vergoed word vir basiese dienste wat hulle sélf moet lewer. Dit sluit in die regmaak van paaie. Die organisasie se kommersiële bestuurder Jack Armour verwag ook dat Minister Enoch Godongwana die Eskom-krisis aan sal spreek.
Vrystaatse Landbou LUR Thembeni Nxangisa sal na verwagting tydens 'n vergadering met produsente terugvoer gee oor die regering se ingryping om die impak van beurtkrag te verminder. Sowat 400 Vrystaatse boere het by die Glen Landboukollege bymekaar gekom om oplossings en/of ingrypings te bespreek wat sal help om die voortslepende energiekrisis te versag.
Terwyl verbruikersvoedselprysinflasie in sommige streke van die wêreld begin afneem het, ervaar Suid-Afrika die teenoorgestelde. Data wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, toon dat verbruikersvoedselprysinflasie in Januarie versnel het tot 13,8% jaar-op-jaar vanaf 12,7% die maand vantevore. Die voedselpryse wat merkbaar gestyg het was brood en graan, vleis, vis, vrugte en groente.
EN
Vanjaar se VKB Bieliemieliefees beloof om nóg beter te wees as vantevore met ‘n nuwe program en eerstekeer-uitstallers. Dié fees vind vanaf 23 tot 26 Februarie op Reitz in die Oos-Vrystaat plaas. Besoekers kan uitsien na onder meer heerlike kosstalletjies met egte plattelandse kos.