On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 27 Feb 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: blog.cabi.org

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het Vrydagoggend met 2,05% gedaal.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag met skerp afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het vir lewering in Maart 2023 met R103/ton (-2,30%) gedaal en teen R4 369/ton gesluit. 
  • Die geelmieliemark het vir lewering in Maart 2023 met R104/ton (-2,26%) laer verhandel om teen R4 500/ton te sluit.
  • Vir die week wat eindig op 17 Februarie, is 45 006 ton witmielies en 5 226 ton geelmielies uitgevoer. 
  • Die agt-week-uitvoervooruitskouing wat deur SAGIS gepubliseer is, projekteer dat sewe diepsee-vaartuie van witmielies (354 266 ton) tot einde Maart uitgevoer sal word. In so 'n mate dat uitvoer voorspel word om bo die vorige seisoentempo te wees, sowel as die vyf-jaar gemiddelde. Twee diepsee-uitvoervaartuie word geprojekteer vir geelmielie-uitvoer tot die begin van April.
  • Tans verhandel die Maart(loko)-kontrak R530/ton onder die Amerikaanse uitvoerpariteit na Randfontein, en R800/ton onder die Argentynse uitvoerpariteit na Randfontein.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Vrydagoggend met 0,34% gedaal.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Maart 2023 het met R69/ton (-0,70%) gedaal om teen R9 745/ton te sluit.
  • Tans verhandel die Maart(loko)-kontrak R1 200/ton onder die Amerikaanse uitvoerpariteit, R1 000/ton onder die Argentynse uitvoerpariteit en R130/ton bo die Brasiliaanse uitvoerpariteit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend 0,24% hoër verhandel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met gemengde tendense verhandel. Die Maart 2023-koringkontrak het met R1/ton (+0,01%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 950/ton.
  • Vir die week geëindig 17 Februarie is geen koring ingevoer nie. In die huidige bemarkingseisoen neig die invoertempo egter bo die vyf-jaar gemiddelde sowel as die vorige seisoentempo. Die huidige koringinvoertempo neig bo die vorige seisoengemiddeld sowel as die vyf-jaar gemiddeld.
  • Tans verhandel die Maart (kol)-koringkontrak R380/ton bo die Russiese invoerpariteit na Durban, R10/ton onder die Duitse invoerpariteit en R900/ton onder die Argentynse invoerpariteitsvlak.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus

  

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.