Agriculture
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 06:30 Fri, 24 Feb 2023

Produsente en inwoners van nedersettings en dorpe aan die Benede-Vaal- en Benede-Oranjerivier moet dit oorweeg om te verskuif na hoër gebiede.
Die woordvoerder van Departement van Water en Sanitasie Wisane Mavasa sê damsluise strompop moes die naweek oopgemaak word weens gedurige swaar neerslae. Intussen sê die President van die Oranjerivier Landbou-unie Wilco Fourie die vloed wat vanjaar vir die vierde keer sedert 2021 ervaar word, is in lyn met grootskaalse skade soortgelyk aan 2011 toe skade van miljoene rande aangerig is.
Sowat 400 Vrystaatse boere het Dinsdag by die Glen Landboukollege bymekaar gekom om oplossings en/of ingrypings te bespreek wat sal help om die voortslepende energiekrisis te versag. LUR vir die Vrystaatse Departement van Landbou Thembeni Nxangisa het ook tydens die vergadering terugvoer gee oor die regering se ingryping om die impak van beurtkrag te verminder.
Terwyl verbruikersvoedselprysinflasie in sommige streke van die wêreld begin afneem het, ervaar Suid-Afrika die teenoorgestelde. Data wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, toon dat verbruikersvoedselprysinflasie in Januarie versnel het tot 13,8% jaar-op-jaar vanaf 12,7% die maand vantevore. Die voedselpryse wat merkbaar gestyg het was brood en graan, vleis, vis, vrugte en groente.
Die aanhou van vee op plase deur plaasbewoners is tans 'n omstrede kwessie. Regskenner Hans-Jurie Moolman sê die vergunning om vee aan te hou, is nie ‘n reg in die titelakte nie. Moolman raai aan dat die aard en omvang van die ooreenkoms behoorlik uitgeklaar word.
EN
Landbougemeenskappe kan vandeesweek uitsien na die 43ste aflewering van die VKB Bieliemieliefees, van 23 tot 26 Februarie op Reitz in die Oos-Vrystaat. VKB se PG Strauss sê hulle is geweldig dankbaar om betrokke te wees.