Agriculture
Landbounuus-podcast: Vloed bereik piek in Benede-Oranjerivier─── ELSABÉ RICHARD 15:52 Fri, 03 Mar 2023
Die vloed het sy piek bereik in die Benede-Oranjerivier.
Agri Noord-Kaap-president Nicol Jansen sê boere langs die rivier het skade gelei, maar hulle is dankbaar dat die verwagte 5 500 kubieke meter per sekonde nie 'n werklikheid geword het nie.
Die gety draai vir een van die land se mees arbeidsintensiewe sektore – die landbou. Agri SA sê stygende insetkoste, beurtkrag en verbrokkelende infrastruktuur plaas druk op die sektor. Dit sê beloftes wat president Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede gemaak het, moet 'n onmiddellike prioriteit wees om poste te red en voedselsekerheid te waarborg.
Die suikerbedryf het net-net verdere onstuimigheid vermy. Farmer's Weekly se Janine Ryan berig Minister van finansies Enoch Godongwana het in sy begrotingsrede aangekondig die omstrede gesondheids-bevorderings-heffing, oftewel suikerbelasting, word vir minstens twee fiskale jare nie verhoog nie.
Goeie mededinging het geheers op vandeesweek se wolveiling, met 'n verkoopspersentasie van byna 94%. OVK Senior wolbemarker Heinrich Victor sê die volgende wolveiling word beplan vir 8 Maart.
EN
Die hersiene oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is sowat 555 000 hektaar, wat 17,2% minder is as die vorige seisoen. Die Nasionale Oesskattingskomitee sê die produksieskatting vir sonneblomsaad is meer as 775 000 ton, wat 8,3% minder is as die vorige seisoen se skatting. Die verwagte opbrengs is 1,4 ton per hektaar.
