On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbou-uitvoer bereik rekordhoogtepunt in 2022

───   ELSABÉ RICHARD 07:30 Mon, 06 Mar 2023

Landbou-uitvoer bereik rekordhoogtepunt in 2022 | News Article
FOTO deur Chanaka: https://www.pexels.com/photo/cargo-container-lot-906494/

Die landbousektor het in 2022 nog 'n jaar van sterk uitvoer getoon.

Volgens FNB se Paul Makube het die sektor se uitvoerdata 'n 4%-jaar-tot-jaar-sprong in buitelandse landbouverdienste aangeteken.

Buitelandse landbouverdienste het tot 12,8 miljard Amerikaanse dollar gestyg – 'n rekordhoogtepunt wat deur sterk kommoditeitspryse ondersteun word.

Uitdagende jaar

Makube sê dié hoogtepunt kom ná 'n relatief taai jaar van verskeie uitdagings wat landboubedrywighede belemmer het. 

ALSO READ: Logistics should be a key focus for SA farmers

Dit sluit uitbrekings van bek-en-klouseer in, asook die Europese Unie (EU) wat middel Julie nuwe beperkings op Suid-Afrikaanse sitrusinvoer ingestel het. Dié beperkings was om Valskodlingmot aan te spreek – 'n sitrusplaag wat inheems aan Suid-Afrika is en waarvoor daar geen verdraagsaamheid in die EU is nie.

ALSO READ: Wool industry ecstatic after China lifts ban

“Die uitbreking van bek-en-klouseer het uitvoer ingeperk met woluitvoer na China wat tydelik gestaak is aangesien dit ’n aanmeldbare siekte is ingevolge die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE).

“Suid-Afrika se grootste sitrusmark het eensydig nuwe reëls op Valskodlingmot ingestel, ten spyte van streng beheermaatreëls wat reeds in plek was, wat groot koste vir die produsente meegebring het,” voeg Makube by.

Uitvoervooruitsigte vir 2023

Hy sê die uitvoervooruitsigte dui steeds op 'n hoë vraag na kwaliteit en bekostigbare landbouprodukte namate die wêreldekonomie herstel. Met verskepingskoste wat afneem, is verwagtinge dat daar 'n herstel in uitvoervolumes in die jaar wat voorlê sal wees.

“Verdere opening van nuwe uitvoermarkte en digitaal-geaktiveerde handel sal ongetwyfeld ongelooflike positiewe implikasies vir die Suid-Afrikaanse landbou-uitvoersektor inhou, en sal dit in staat stel om voort te bou op die buitengewone sterk fondamente wat dit in plek gestel het, veral die afgelope jare.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.