Agriculture
Landbounuus-podcast: Departement ontvang nie meer berigte van sprinkaanuitbrake nie─── ELSABÉ RICHARD 15:58 Tue, 14 Mar 2023
Die Noord-Kaapse Departement van Landbou sê hy ontvang nie meer berigte van sprinkaan-uitbrake in die provinsie nie.
Agri SA het verlede jaar sy kommer uitgespreek dat die 2022/23-somerseisoen tot nóg 'n groot sprinkaan-uitbreking sal lei as daar nie proaktiewe maatreëls getref word nie.
Sommige buitelandse beleggers beskou nie meer Suid-Afrika as 'n velige plek om hul geld te belê nie. Kovsies-senior landbou-ekononoom, Frikkie Maré sê beurtkrag is net een van die faktore wat hiertoe bydra.
Die Universiteit van die Vrystaat het saam met die landbou-organisasie SAAI, Kovsies Agri - 'n studente-agri-organisasie - van stapel gestuur. Voorsitter, Nicola Wiid sê die organisasie bestaan uit 'n groep studente wat daarop fokus om die gaping tussen landbouwaardekettings en opkomende boere te verklein.
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging verseker sy lede dat hy in 2023 namens hulle sal veg teen 'n wye verskeidenheid kwessies. Die vereniging se Izaak Breitenbach sê hierdie kwessies wissel van die bevordering en uitbreiding van die bedryf deur die pluimvee-meesterplan tot die beskerming teen onregverdige invoertariewe.
EN
Die Suid-Afrikaanse Avokado-kwekersvereniging het redes gedeel waarom die vrugte goed is vir jou. Dit sê avokado's is nie net goed vir hare, vel en naels nie, maar dit verbeter ook geheue, kognisie en probleemoplossingsvermoëns. Verder bevat avokado's kalium, 'n mineraal wat bydra tot normale bloeddruk. Avokado's is ook vry van natrium wat die risiko van hoë bloeddruk kan verhoog as dit in oormaat verbruik word.
