Agriculture
Reën-, temperatuur-vooruitsigte vir Sentraal-Suid-Afrika─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 15 Mar 2023

Korttermyn-weervooruitsigte toon dat daar nie veel reën tot einde Maart sal voorkom nie.
Daar kan wel ligte neerslae voorkom, terwyl swaar neerslae ook plek-plek verwag word, sê Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.
Langertermyn-vooruitsigte
Kanse vir reën gedurende April en Mei is groot. "Dit is as gevolg van die oorblyfsels van die La Niña-verskynsel. Die La Niña het in Februarie oorgegaan na ‘n neutrale toestand, maar daar is steeds karaktertrekke daarvan ... "
Van den Berg sê veral Noord-Kaapenaars kan uitsien na neersale. Groot dele van dié provinsie het tot dusver baie min reën ontvang.
Temperature
“Dit lyk asof daar ‘n moontlikheid is dat daar in die suidelike dele van die Noord-Kaap en die Vrystaat, selfs die sentrale dele, koue toestande en ligte ryp kan voorkom so in die middel van April.
“So, ons moet maar ‘n bietjie versigtig wees daarvoor.”
Vloede
Van den Berg sê die kanse vir baie swaar reën wat verdere vloede langs die Benede-Oranje- en Vaalrivier kan veroorsaak, tans skraal lyk, hoewel damme nog propvol is en van die riviere nog in vloed is.
ALSO READ: El Niño on the cards for South Africa
“Die kanse is baie goed dat ‘n El Niño-verskynsel – die teenoorgestelde van ‘n La Niña – kan ontwikkel van September/Augustus se kant af.”
Die implikasie hiervan is dat die kanse redelik goed is dat baie reën in die lente gaan voorkom. Volgens Van den Berg word die El Niño-verskynsel gewoonlik geassosieer met droë toestande, wat nie altyd waar is nie. “Dit is sekere tye van die jaar.”
Baie warm en droë toestande gaan moontlik van November af ervaar word tot Maart/April 2024. Dit kan landboutoestande verswak.
LEES OOK: ‘Bid vir boerderygemeenskappe langs Oranjerivier’
Oorstromings in die Benede-Oranjerivier
Die president van die Oranjerivier Landbou-unie, Wilco Fourie, het voorheen aan OFM-nuus gedeel dat wingerde wat oorstroom het in die Benede-Oranjerivier ontoeganklik is ten spyte van 'n afname in die rivier se vlak.
Verwerking en aktiwiteite sal onbepaald nie kan voortgaan nie.
Hy het gesê ‘n vergadering sal met die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Grondsake en Landelike Ontwikkeling belê word terwyl boere nie nou die omvang van die skade kan bepaal nie.
Die uitdaging is veral kontantgewasse soos mielies en lusern, waar plantasies oorstroom en oeste verlore is.