Agriculture
Landbounuus-podcast: Hofbeslissing deurslaggewend vir waterregtehouers─── ELSABÉ RICHARD 15:30 Thu, 16 Mar 2023

Die konstitutionele hof het uitspraak gelewer op 'n jare lange hofstryd dat watergebruiksregte oordraagbaar en verhandelbaar is.
Die uitslag van dié saak wat bekend is as die Lötter-, Wiid- en Suid-Afrikaanse vereniging van watergebruikersverenigings-saak, teen die Departement van Water en Sanitasie, word deur Agri SA beskryf as 'n deurslaggewende oorwinning vir waterregtehouers.
Kragonderbrekings het daartoe gelei dat daar nou ’n tekort is aan kleiner grootte hoenderporsies vir die kitskossektor. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se Izaak Breitenbach sê indien kitskosrestaurante wel van groter hoenderporsies sou gebruik maak, gaan dit kooktyd beïnvloed.
Meer skoolverlaters begin nou belangstel om landbou te studeer. Kovsies senior landbou-ekonoom, Frikkie Maré, sê die getal van eerstejaar studente by die landboufakulteit het deur die jare skerp gegroei. Hy skryf hierdie styging toe aan die moontlikheid dat landbou 'n groter belangstelling geword het onder jongmense.
Beide wit- en geelmieliespotpryse het weer vandeesweek gedaal. Dit is terwyl sonneblom-spotpryse weer gestyg het.
EN
Die omgewingsbewaringsorganisasie Owl Rescue Centre is steeds besig om 'n wilde krokodil by 'n rioolwerke in Noordwes te hervestig. Die organisasie sê pogings gaan dalk vir 'n paar dae voortduur.