On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Kovsies Agri bekend gestel

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 16 Mar 2023

Kovsies Agri bekend gestel | News Article
FOTO's: Zenande Mpame

‘n Studente landbou-organisasie genaamd Kovsies Agri is Dinsdag deur die Universiteit van die Vrystaat in samewerking met die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) bekendgestel.

Sien onderstaande PODCAST

Voorsitter Nicola Wiid sê Kovsies Agri is meer as net 'n studente-organisasie, dit bestaan uit 'n dinamiese groep studente wat daarop gefokus is om die gaping tussen die landbouwaardeketting en boere te verklein. 

Die organisasie se doel is ook om studente se kennis te verbreed deur te fokus op praktiese ervaring en netwerkgeleenthede op die verskillende terreine.

Dié netwerkgeleenthede, sê Wiid, sluit in die opkomende Nampo Oesdag, wat vanjaar van 16 tot 19 Mei op Nampo Park buite Bothaville plaasvind.

Wiid, 'n derde jaar Agronomie student is, verduidelik dat dié organisasie mik om studente toe te rus met die nodige kennis vóór hulle die werksmag betree.

"Ons [beplan] liefdadigheidsprogramme waar ons met die [veilige tuiste vir vroue] gaan hande vat ... en dan het ons ook ons jaarlikse informals wat ons hou, dis ook 'n dansgeleentheid ... "

Studente kan verder uitsien na wolklas- en kursusse oor kunsmatige intelligensie (AI). 

Wiid sê dit is ook belangrik vir die organisasie om vroue landboustudente te wys watter geleenthede daar vir hulle in die sektor beskikbaar is. 

"Ons gaan 'n Vrouedag hou vir studente op die kampus, wat almal deel is van die landboufakulteit. Ons gaan ook sprekers kry wat reeds sukses behaal het in die landbou.

"So, ons wil net vir vroue, ons jong dames, wys watter geleenthede daar ook vir ons is, want ek voel ons is in die minderheid."

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.