On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 24 Mar 2023

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: Vrystaatse Departement van Landbou/Facebook.

Die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, het Saki Mokoena as die nuwe LUR vir Landbou in die provinsie aangestel.

Dié nuwe aanstelling kom ná die onlangse veranderings wat Dukwana aan sy provinsiale kabinet aangebring het. 

Vleisinflasie versnel steeds en het 11,4% in Februarie bereik, vergeleke met 11,2% in Januarie. Statistieke SA het Woensdag die jaarlikse verbruikersinflasie bekend gemaak. Vleisinflasie is die hoogste sedert Februarie 2018. Melk, eiers en kaas het in Februarie 12,3% meer gekos as 'n jaar vantevore.

Verteenwoordigers van die Verenigde Nasies en die Turkse regering het met die Russiese en Oekraïnse regerings vergader om die Swartsee-graanooreenkoms te verleng, wat die afgelope naweek sou verstryk het. Die transaksie is vir nog 120 dae verleng. 

Vanjaar se brandseisoen kan veel langer duur as verlede jaar se vyf maande. Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging se Johan Breytenbach sê twee mense het verlede jaar hul lewe verloor. Grondeienaars moet vroegtydig voorsorg tref.

Die belangrikheid van byeboere word vandeesweek bespreek op die Apimondia simposium in Durban. Minister van Landbou Thoko Didiza het tydens haar toespraak belowe die departement sal aandag gee aan uitdagings in die byebedryf. Sy sê dis belangrik dat kennis en vaardighede oorgedra word.

EN

Die landelike veiligheidstrategie se sukses sal afhang van gemeenskapsbetrokkenheid, is een van die punte wat uitgelig is op 'n aanlynvergadering van die parlementêre komitee oor polisie. Boerderygemeenskappe én politieke partye het reeds meermale gevra die strategie moet toegepas word om misdaad op plase te voorkom. Die polisie se Susan Pienaar sê dit werp vrugte af waar dit reeds ingevoer is.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.