On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 31 Mar 2023

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: Sokmeas UY ???? ?????? (https://www.pexels.com/photo/chicken-and-rooster-running-in-countryside-14242062/)

Die vermeende Lismore-moordenaars sal weer volgende maand in die hof verskyn nadat hulle saak verlede week wéér uitgestel is.

Kamohelo Motankisi en Lerato Selepe bly in aanhouding. Hulle is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem ná die ontdekking van die liggame van ses vroue en een jong man deur die plaaseienaar Alheit Smith, buite Kestell in die Vrystaat. Een van die slagoffers was sy vrou. Motankisi en Selepe staan tereg op 12 aanklagte, onder meer moord en roof met verswarende omstandighede.

Oesvooruitsigte in Noordwes is steeds uitstekend ondanks swak reënval-verspreiding. NWK landbou-sisteme en -projekte bestuurder Martiens du Plessis, raam die potensiaal is sowat 80 tot  90% van verlede jaar se oes. Hy sê verspreide reënval is dringend nodig om gewasse se agteruitgang te stuit. Hy sê mieliekoppe trek terug weens droë toestande, daarom is pitgewig betekenisvol laer.

Die gebrek aan regulasies oor terme vir alternatiewe proteïenprodukte veroorsaak verwarring oor voedseletikette wêreldwyd en het reeds tot verskeie regsstruwelinge gelei. Die woord 'vleis' is onder die loep geneem waar dit gebruik is vir produkte wat nie met dieregebaseerde vleis gemaak is nie.  Verbruikers is oor 'n tydperk van twee jaar onderwerp aan opportunistiese prysstygings in basiese huishoudelike produkte. Die Mededingings-kommissie se Sipho Ngwema sê hierdie en ander bevindinge is vervat in die jongste verslag oor die monitering van noodsaaklike voedselpryse.

Die tekort aan slangbyt-teengif in Suid-Afrika is 'n bron van ernstige kommer aangesien dit die lewens van diere en mense bedreig. Volgens Johan Marais, uitvoerende hoof van die African Snakebite Institute, is teengif die afgelope agt maande feitlik nie in Suid-Afrika beskikbaar nie. Hy sê hulle is oorval deur berigte van die tekorte van veeartse en die impak wat die skaarsste op plaasdiere en vee het.

Nog geen nuwe gevalle van hemorragiese haassiekte is in Suid-Afrika aangemeld nie. Nuus oor dié siekte in dele van die Karoo is verlede jaar deur die landboudepartement aangekondig. Woordvoerder Reggie Ncgobo sê dit was die eerste gevalle van die siekte, wat lei tot 'n groot aantal vrektes onder hase en konyne, wat in Suid-Afrika aangemeld is.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.