On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 12 Apr 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend gestyg met 0,21%.
  • Voor die April WASDE-verslag van USDA, wat Dinsdag aand vrygestel was, verwag ontleders dat die agentskap sal wys dat 2022/23 mielie-eindvoorraad matig onder die vorige maand se skatting sal wees. 
  • Oekraïne se totale graanuitvoere gedurende die 2022/23-bemarkingsjaar is met ongeveer 14% laer vergeleke met verlede jaar se tempo, aangesien die land sy stryd teen 'n voortdurende Russiese inval voortsit. 
  • Die USDA se weeklikse oesvordering het getoon dat die VSA se mielie-oes vir 2023/24, vanaf 9 April, reeds 3% aangeplant is.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdag met afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. 
  • Die witmieliemark het vir lewering in April 2023 met R44/ton (-1,10%) gedaal en teen R3 939/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in April 2023 met R40/ton (-1,01%) laer verhandel om teen R3 940/ton te sluit. 
  • Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2023 met R40/ton (-1,05%) gedaal en teen R3 780/ton gesluit. 
  • Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2023 met R38/ton (-0,95%) laer verhandel om teen R3 970/ton te sluit.
  • Markte is Dinsdag weer oop na die openbare vakansiedae. Vandag kan markte reageer op die vrystelling van die WASDE-verslag.

 Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Dinsdagoggend met 1,58% gedaal.
  • Voor die April WASDE-verslag van die USDA, wat Dinsdagaand vrygestel sal word, verwag ontleders dat die agentskap sal wys dat 2022/23 soja-eindvoorraad matig onder die vorige skatting in Maart sal wees.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdag met effense opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in April 2023 het met R10/ton (+012%) geklim om teen R8 300/ton gesluit. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2023 het met R13/ton (+0,16%) geklim om teen R8 360/ton gesluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 0,53% gedaal.
  • Voor die April WASDE-verslag van die USDA verwag ontleders dat die agentskap sal wys dat 2022/23 koringeindvoorraad matig bo die vorige skatting in Maart sal wees. 
  • Die USDA se weeklikse oesvordering het 'n klein verswakking in die toestande van die winterkoringoes getoon in die week geëindig 9 April, met 27% wat goed-tot-uitstekend gegradeer is (jaar-op-jaar was 32%); 36% matig en 37% baie swak-tot-swak. Lentekoringaanplanting in die VSA is 11% voltooi, ver agter die vyf-jaar gemiddelde pas van 33%
  • Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag met opwaartse tendense verhandel. Die April 2023 koringkontrak het met R43/ton (+0,65%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 705/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.