On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Verhouding tussen insekplae en plantgesondheid

───   05:00 Mon, 17 Apr 2023

Verhouding tussen insekplae en plantgesondheid | News Article
FOTO: Akil Mazumder/Pexels.

Insekplae het die vermoë om ongesonde plante op verskeie maniere te identifiseer.

Een van die mees algemene meganismes is deur middel van chemiese tekens wat deur die plant vrygestel word, sê dr. Vaughn Swart van die Universiteit van die Vrystaat.

Hy verduidelik dat wanneer 'n plant onder druk is of beskadig is, produseer dit vlugtige organiese verbindings (VOC's). 

LEES OOK: Kommer oor stygende insetkoste in 2023

VOC's is afgeskeide chemikalieë wat insekte kan lok of afskrik. 

Sommige van hierdie verbindings kan as lokmiddels vir herbivore dien, terwyl ander as afskrikmiddels of afweermiddels optree. Insekte kan hul chemoreseptore gebruik om hierdie chemikalieë waar te neem, en dit dan gebruik om plante wat meer vatbaar is vir aanval, op te spoor.

  • Eerstens het insekte hoogs sensitiewe chemoreseptore wat selfs baie klein hoeveelhede VOC's kan waarneem.
  • Tweedens die vermoë van plante varieer om VOC's te produseer, afhangende van die tipe spanning of beskadiging wat hulle ervaar, en die tipe plant. Byvoorbeeld, sommige plante produseer meer VOC's wanneer dit deur herbivore aangeval word, terwyl ander meer VOC's produseer wanneer dit aan omgewingspanning soos droogte of hitte blootgestel word.
  • Derdens kan die vermoë, van insekte om spesifieke VOC's te herken en daarop te reageer, afhang van hul spesie en die evolusienêre geskiedenis van interaksies met plante.

'n Ander manier waarop insekte ongesonde plante kan identifiseer, is deur visuele tekens:

  • Plante wat onder spanning of siekte is, kan verkleurde blare, verwelkte of geknapte groei of ander fisiese tekens hê wat vir insekte sigbaar is. Insekte kan ook in staat wees om veranderinge in die weerkaatsing of spektrale eienskappe van plante waar te neem, wat veranderings in hul fisiologiese toestand kan aandui.

Oor die algemeen is die vermoë van insekplae om ongesonde plante te identifiseer, 'n komplekse proses wat 'n kombinasie van chemiese en visuele tekens, sowel as die evolusienêre geskiedenis van hul interaksies met plante, behels. Om die meganismes agter hierdie vermoë te verstaan, kan navorsers strategieë ontwikkel om die skade wat deur insekplae veroorsaak word, te verminder, soos deur die chemiese tekens wat deur plante uitgestoot word, te manipuleer of deur plante wat minder aantreklik vir die plae is te kweek.

Ongesonde plante sal tekens van stres vertoon, bv. verkleuring van die blare, swak groei, hangende blare, kolle op blare, geen blomme of self minder blomme. As hierdie plante gestres is, as gevolg van 'n gebrek aan voedingstowwe of siektes, kan hulle meer vatbaar wees vir die impak van plae teenoor gesonde plante.

Impak van omgewingsfaktore, soos temperatuur en humiditeit

So ek en Sandy Steenhuisen wat my so bietjie gehelp het met van die vrae is nie kenners in plantfisiologie nie, maar sommige gebeure en aksies soos aanhoudende droogtes sal beteken dat plante watergestremd is, dit wil sê, nie in staat is om genoeg water vir normale biochemiese prosesse effektief te absorbeer nie, en dus sal dit tot verwelking en swak groei lei. 

Hierdie plante sal dan meer vatbaar vir plae wees. Dit sal ook die geval wees vir plante wat uiterste hitte en lae humiditeit ervaar, tensy die plante oor aanpassings beskik wat hul in staat stel om voldoende waterbronne aan te vul deur bv. langer wortels wat na grondwaterbronne reik.

Strategieë wat boere en tuiniers kan gebruik om plantgesondheid te bevorder 

Daar is wel kommersiële produkte op die mark wat die immuunstelsel van plante kan versterk, met die regte voedingstowwe vir optimale groei, asook simbiotiese bakterieë en swamme wat in die grond voorkom wat tot die stryd teen siektes en plae kan bydra. 

Dus om met byvoorbeeld 'n landboukonsultant oor hierdie simbiotiese mikroörganismes te praat, kan voordelig wees, sodra al die ander behoeftes van die plante in terme van die korrekte vlakke van besproeiing in plek is en bemesting toegedien word. 

Maar een van die beter en meer langtermyn hulpmiddels, is om intercropping of gemengdegewasse en geïntegreerde plaagbestuur toe te pas. Nou Intercropping is basies waar blomme-kruiemiddels tussen gewasrye geplant word om plae weg te lok van die gewasplante en as skuilings te dien vir insekte en ander diere wat kan help om plaagbevolkings tot 'n minimum te beperk. 

Om voortdurend plaagdoders te gebruik, beskadig nie net die omgewing en die nuttige lede van die ekostelsel nie, maar verbeter ook nie die gewasse nie, want die plante is ingeteel en meer vatbaar vir plae omdat daar minder genetiese variasie is.

Saamgestel deur prof. Sandy Steenhuisen en dr. Vaughn Swart en aangebied deur dr. Vaughn Swart.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.