On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Waarskuwing teen gebruik van ongeregistreerde plaagdoders vir kakkerlakplaag

───   ELSABÉ RICHARD 08:00 Tue, 25 Apr 2023

Waarskuwing teen gebruik van ongeregistreerde plaagdoders vir kakkerlakplaag | News Article
FOTO: Picas Joe/Pexels.

CropLife SA waarsku die publiek om nie ongeregistreerde plaagdoders te koop om die huidige kakkerlakplaag te bestry nie.

Die uitbraak sluit grotendeels Duitse kakkerlakke in wat tot 40mm lank kan groei.

Die organisasie se dr. Gerhard Verdoorn sê ongeregistreerde plaagdoders is gewoonlik baie giftig en kan tot sterftes lei.

ALSO READ: Consumers warned of buying pesticides from street hawkers


Van die beste metodes om van die kakkerlakke ontslae te raak is deur die gebruik van lokaas sowel as spuite wat ‘n gel bevat wat in klein kolletjies oral op oppervlaktes waar die insekte beweeg, gesit kan word. Mense kan ook gebruik maak van ‘n geregistreerde plaagbeheeroperateur indien die ander metodes onsuksesvol is.

Veiligheid is van kardinale belang indien ’n persoon besluit om self plaagdoders wat by 'n geregistreerde verkoper soos 'n kwekery bekom is, toe te dien. Verdoorn beklemtoon dat instruksies noukeurig deurgelees en uitgevoer moet word. Die dra van beskermende klere en toerusting is ook belangrik. 

Niemand, insluitend troeteldiere, moet in die huis wees wanneer die huis bespuit word nie.

Gunstige toestande

Verdoorn sê die plaag ontwikkel al vir sowat twee jaar en het nou amper in ‘n pandemiese uitbraak ontwikkel.

Hy skryf die uitbraak toe aan die afgelope twee jaar se baie nat toestande wat oor groot dele van Suid-Afrika ervaar is, met die uitsluiting van klein gebiede in Namakwaland en in die Oos-Kaap. Die hoë temperature en vogtigheid het ook tot die uitbraak bygedra.

“Daardie kondisies skep vir kakkerlakke gewoonlik baie goeie lewens- en broei-omstandighede.

“Ons omgewing waarin ons leef, en ek praat nou in alle woonburte, raak uiters onhigiënies. Daar lê rommel en afval en ou kos en gemors rond … Die onhigiëniese toestande en die weersomstandighede speel baie mooi saam om te veroorsaak dat daar geweldige aantal kakkerlakke in plekke is.”

Behou 'n skoon woonomgewing

"Begin skoon optree. Daar moet nie kos rondlê nie. Daar moet nie groenteskille en goed rondlê nie ... In die aand voor jy gaan slaap moet daai kombuis tegnies steriel skoon wees ... Dit help nie jy baklei met kakkerlakke as jou kombuis vuil en vol kos is nie want jy skep vir die kakkerlakke 'n wonderlike lewensplek met lekker baie kos," sê Verdoorn.

Hy raai aan dat daar eers gekyk moet word na die vlak van infestering. Dit sal help bepaal watter metode gebruik moet word om van die instekte ontslae te raak.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.