On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Intensiewe diereproduksie onder druk weens verhoogde kragtariewe

───   ELSABÉ RICHARD 15:29 Fri, 28 Apr 2023

Landbounuus-podcast: Intensiewe diereproduksie onder druk weens verhoogde kragtariewe | News Article
FOTO: Brett Sayles/Pexels.

Eskom se 18,5% tariefverhoging vanaf hierdie maand, jaag die koste op van intensiewe braaikuiken- en varkvleisproduksie.

Die SA Pluimveevereniging sê produsente is reeds onder finansiële druk weens stygende insetkoste, beurtkrag en kragtariewe. Eierproduksiekoste het tot 80% toegeneem, wat veral kleinskaalse produsente uit die bedryf gedwing het.

Boere in die Laeveld staar erge druk in die gesig aangesien kommoditeitspryse vir subtropiese gewasse daal, terwyl insetkoste vinnig styg. Farmer's Weekly se Janine Ryan sê markte vir sitrus, makadamianeute en avokado's bly gedemp as gevolg van die wêreldwye ekonomiese afswaai, terwyl volumes toeneem as gevolg van meer bome wat in produksie kom.

Die toestroming van speenkalwers wat gewoonlik gedurende April ervaar word, is nou besig om af te neem. Chris Derksen doen verslag oor onlangse veilingspryse.

Landboudepartemente in Sentraal-Suid-Afrika het hul planne gedeel om hennepprojekte te implementeer en hul voorneme om permitte uit te reik. Dié plant word veral gebruik vir medisinale doeleindes. Produksiebestuurder van Lobo Cannabis, Chidi Ozongwu, wat ook een van die uitstallers by vanjaar se Bloemskou is, sê daar's verskeie uitdagings wat hulle ervaar, maar vertrou dat die regering hierdie uitdagings sal aanspreek.

EN 

Verskeie lewendehawekampioenskappe vind plaas by die 140ste Bloemskou - van 'n Merino ope veldskou tot 'n nasionale skaapskeerkampioenskap. Dié skou het reeds gister afgeskop en duur tot 6 Mei voort. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.