Agriculture
Landbounuus-podcast: Noordwes se landboudepartement maak vordering in byebedryf─── ELSABÉ RICHARD 15:04 Thu, 25 May 2023
Die departement van landbou in Noordwes sê hy maak vordering in die byebedryf.
LUR Desbo Mohono het tydens haar begrotingsrede vir die 2023/24-boekjaar gesê sy is trots om te sê dat die provinsie nou meer as 60 byeboere het, nadat dit met sowat vyf begin het.
Intussen sal 2 500 boere in Noordwes bemagtig word deur opleiding en kapasiteitsbou gedurende die 2023/24-boekjaar. LUR Desbo Mohono sê dit sal gedoen word in samewerking met die nasionale departement van landbou, die Landbounavorsingsraad en die Noordwes-Universiteit.
Die Minister van Polisie het aangekondig dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens meer as R1,8 miljard bewillig het vir sigbare polisiëring. Bheki Cele sê die fondse sal aangewend word vir die verkryging van onder meer voertuie. Sy aankondiging kom nadat Vrystaat Landbou se Jakkals le Roux voorheen kommer uitgespreek het oor die tekort aan mannekrag in landelike gebiede en langs die Lesotho-grens, wat in sommige gevalle weens 'n tekort aan voertuie nie op 'n gereelde basis sigbaar kan wees nie.
Die Suid-Afrikaanse landbousektor maak steeds positiewe bydraes tot die ekonomie én landsburgers se lewe ten spyte van verskeie uitdagings, soos kragonderbrekings. Landbouminister, Thoko Didiza, noem dat een sulke voorbeeld die sektor se vermoë is om werkloosheid te help bekamp.
EN
Die afgelope lewendehawe veilings was kleiner in vergelyking met vorige veilings met minder kopers en verkopers. Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, sê dit kan toegeksryf word aan die feit dat meeste produsente verlede week Graan SA se NAMPO Oesdag bygewoon het. Hy deel vandeesweek se veilingspryse.
