On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   07:47 Tue, 30 May 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Livier Garcia/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Vrydagoggend met 2,34% gestyg.
  • As ons na globale Junie-termynkontrakte kyk, is Oekraïne tans mededingend geprys ($225/ton) met Brasilië wat kort op hul hakke is teen $240/ton. Die VSA is tans 'n duur bron van mielies met Junie-kontrakte wat teen $264/ton verhandel. 
  • Voorspellings vir 'n rekord Brasiliaanse 2022/23 Safrinha-oes en 'n groot 2023/24 Amerikaanse oes weeg op globale markte. 
  • Brasilië begin gewoonlik aan die begin van Junie om die tweede oes te stroop, terwyl die VSA hul mielie-oes tipies vanaf September begin stroop.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. 
  • Die witmieliemark het vir lewering in Junie 2023 met R3/ton (-0,09%) laer verhandel om teen R3 678/ton te sluit. 
  • Die geelmieliemark het vir lewering in Junie 2023 met R7/ton (-0,19%) laer verhandel om teen R3 766/ton te sluit.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Vrydagoggend met 1,00% gestyg.
  • As ons na globale Junie-termynkontrakte kyk, is Brasilië tans mededingend geprys ($468/ton), terwyl Amerikaanse Golf-sojabone teen $520/ton uitgevoer word. Die VSA begin gewoonlik rondom September stroop, met huidige aanplantings wat baie goed verloop.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Junie 2023 het met R58/ton (-0,74%) gedaal en teen R7 825/ton gesluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Vrydag met 1,95% gestyg.
  • Koring is onder druk van die hernuwing van die Swartsee-inisiatief, aangesien dit beteken dat Oekraïnse voorrade makliker is vir die wêreld om toegang te verkry.
  • As ons na globale Junie-termynkontrakpryse kyk, verhandel Oekraïnse koring tans tussen $216-226/ton, terwyl die Amerikaanse HRW teen $361/ton en Duitse koring teen $248/ton verhandel. 
  • Oekraïense koringuitvoere wat mededingend geprys is, hou 'n risiko in vir globale koringpryse, wat reeds byna 50% laer is op 'n jaargrondslag.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met opwaartse tendense verhandel. Die Junie 2023 koring kontrak het onveranderd verhandel en teen R6 492/ton gebly.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.