On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 14 Jun 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Ray Bilcliff/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliemark het Maandag stygings tussen 2% en 3,5% ingesamel op ontleders se verwagtinge dat oeskwaliteit hierdie week nog twee punte laer sal verswak, en meer droë weer waarskynlik vir die sentrale VSA later hierdie maand.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het tussen 1,5% en 1,8% toegeneem in Dinsdag se sessie.
  • Die witmieliekontrak het vir Junie ’23 R62/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 655/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie '23 het R66/ton sterker verhandel teen R3 683/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir Junie ’23 het verhandel teen R3 715/ton, R65/ton sterker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie ’23 het teen R3 757/ton verhandel, R66/ton sterker.

 Sojaboon:

  • Die Amerikaanse sojaboonmarkpryse het verlaag ondanks die toets van beskeie oornagwinste nadat handelaars oorgeskakel het na tegniese verkope na 'n laer-as-verwagte stel uitvoerinspeksiedata van die USDA.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het gemeng maar meestal positief verhandel.
  • Die sojaboon Junie ’23-kontrak het R17/ton sterker verhandel teen R7 620/ton. Die sojaboon Julie ’23-kontrak het R18/ton sterker verhandel teen R7 680/ton. Die sojaboon Desember ’23-kontrak het teen R8 032/ton, R16/ton sterker verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmarkpryse het mielies hoër gevolg op voortslepende kommer oor swak oeskwaliteit, wat Maandag 'n paar tegniese aankope veroorsaak het.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het weer eens traag verhandel met slegs een kontrak wat vatbaar kon beweeg.
  • Die koring Junie ’23-kontrak het teen R6 625/ton verhandel, R65/ton sterker Die koring Julie ’23-kontrak het teen R6 521/ton verhandel, R1/ton sterker.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.