On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Verdagte aangekeer ná Ohrigstad-moorde

───   ELSABÉ RICHARD 14:02 Wed, 14 Jun 2023

Landbounuus: Verdagte aangekeer ná Ohrigstad-moorde  | News Article
FOTO: Kindel Media/Pexels.

Die eerste verdagte in die moorde op Anneke en Hennie Claassen op die plaas Klipfonteinhoek in die distrik Ohrigstad, is in hegtenis geneem.

Die Claasens is vroeër vandeesmaand op dié plaas in Limpopo vermoor. Limpopo VF Plus-leier Marcelle Maritz sê blykbaar het die verdagte voorheen vir die slagoffers gewerk het. Maritz beklemtoon die belangrikheid van die betrokkenheid by veiligheidstrukture.

Intussen behoort Suid-Afrikaners geregtig te wees op ’n persoonlike belastingsvoordeel vir uitgawes rakende selfbeveiliging. Die Vryheidsfront Plus dien namens TLU SA ’n petisie oor so ’n voordeel by die parlement in. TLU SA se Bennie van Zyl sê die owerheid se toenemende onvermoë om misdaad te bekamp, lei daartoe dat burgers die regering én polisie se werk moet doen.

Die brandweer van Noordwes se Matlosana Munisipaliteit sal glo nie doeltreffend op brandnoodgevalle kan reageer nie weens 'n gebrek aan hulpbronne. DA-raadslid Maritha Coetzee sê Hartbeesfontein en Orkney deel 'n brandweerstasie, maar dit kan nie effektief opereer nie omdat daar nie brandweerwaens is nie. Die Stilfontein-brandweerstasie is na bewering verlate gelaat.

Die SA Weerdiens waarsku 'n reeks kouefronte sal na verwagting vandeesweek die Wes-, Oos- en Noord-Kaap tref. Die weerdiens sê dit kan lei tot nat en winderige weer oor die Namakwa-distrik van die Noord-Kaap, die Wes-Kaapse binneland en Noordoos-Kaapland. Kleinveeboere word versoek om toe te sien dat hul vee behoorlike beskutting het.

EN

Produsente wat ekstra inkomste wil verdien, word aangeraai om hul hand te waag aan agri-toerisme. Groote Post Vineyards-woordvoerder, Peter Pentz, sê boere moet begin met wat hulle reeds op hul plase het.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.