On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 27 Jun 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Quang Nguyen Vinh/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliemarkpryse het skerp gedaal nadat opbrengsvriendelike reën na verwagting oor groot dele van die sentrale VSA gaan val, wat 'n ruim rondte tegniese verkope veroorsaak het.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het ondersteuning verloor in Maandag se sessie met pryse wat tussen 0,1% en 1,6% gedaal het.
  • Die witmieliekontrak het vir Julie ’23 R49/ton swakker verhandel vir die dag om teen R3 847/ton te sluit. Witmielies vir lewering in September '23 het R45/ton swakker verhandel teen R3 929/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir Julie ’23 het verhandel teen R3 938/ton, R61/ton swakker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in September ’23 het teen R4 015/ton verhandel, R58/ton swakker.

Sojabone:

  • Die Amerikaanse sojaboonmarkpryse het 'n wye reeks kommoditeite afwaarts gevolg, wat rondom 1% tot 1,5% laer geneig het.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het aan die positiewe kant verhandel in Maandag se sessie.
  • Die sojaboon Julie ’23-kontrak het R32/ton sterker verhandel teen R8 020/ton. Die sojaboon September ’23-kontrak het R21/ton sterker verhandel teen R8 180/ton. Die sojaboon Desember ’23-kontrak het teen R8 410/ton, R31/ton sterker verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmarkpryse het matige verliese in die gesig gestaar ná 'n rondte van tegniese verkope op Vrydag. 
  • Koringuitvoerverkope was aan die onderkant van handelsramings en is steeds relatief onder verlede jaar se pas. Ecuador, Suid-Korea en Panama was die grootste koringinvoerders.
  • Plaaslik: Die plaaslike koring mark het ook effense winste getoon in Maandag se sessie.
  • Die koring Julie ’23-kontrak het teen R6 715/ton verhandel, R32/ton sterker Die Koring September ’23-kontrak het teen R6 710/ton verhandel, R45/ton sterker.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.