On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Vereniging vra Didiza moet plaagregulasies tydens konferensie prioritiseer

───   ELSABÉ RICHARD 16:44 Thu, 29 Jun 2023

Landbounuus: Vereniging vra Didiza moet plaagregulasies tydens konferensie prioritiseer  | News Article
FOTO: Ryan Baker/Pexels.

Die Sitruskwekersvereniging versoek dat die Minister van Landbou onregverdige en diskriminerende plaagregulasies deur die Europese Unie (EU) 'n prioriteit sal maak.

Minister Thoko Didiza gaan Vrydag die vyfde Afrika Unie en EU Landbou Ministeriële Konferensie bywoon in Rome. Die vereniging se Deon Joubert sê die EU se regulasies oor Valskodlingmot en Sitrus-swartvlek hou 'n bedreiging in vir die toekoms van die plaaslike sitrusbedryf, wat sowat 800 000 ton sitrus per jaar uitvoer na Europa.

Intussen het Minister Thoko Didiza 11 nuwe lede aangestel op die Landbounavorsingsraad. Minister Thoko Didiza het die nuwe lede bedank vir hul belangstelling in die land se voorste landbounavorsingsinstelling. 

Dit is belangrik vir boere om aan georganiseerde landbou te behoort. Vrystaat Landbou-president, Fancois Wilken, sê plaaslike organisasies help om die wet “landbou-vriendelik” te maak. Wilken vertel ook wat die tema is van die organisasie se opkomende jaarkongres.

Herstelwerk is aan die gang in die Wes-Kaap nadat die provinsie deur vloede getref is. Agri Wes-Kaap uitvoerende hoof, Jannie Strydom sê daar word veral gewerk aan Eskom-infrastruktuur.

EN 

Die bogemiddelde reënvalsyfer die afgelope paar weke oor die Namakwa Nasionale Park, het gelukkig nie gelei tot enige waterskade en vloede nie. SANParke woordvoerder, Genevieve Maasdorp, sê dit maak voorbereiding vir die blomtyd en gepaardgaande toerismebedrywighede makliker as vorige jare.

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.