On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Pediater se trekkerreis verloop voorspoedig

───   ELSABÉ DE JAGER 10:04 Mon, 10 Jul 2023

Pediater se trekkerreis verloop voorspoedig | News Article
FOTO: Mahindra Nelspruit/Facebook.

Teen 26km per uur bring ’n dokter op sy trekker groot vreugde in groot dele van die land.

Pediatric Care Africa se dankbaarheid is groot vir die ondersteuning van elkeen wat tydens hierdie reis bydra tot hulpverlening aan siek en behoeftige kinders.

Op 2 Julie het die stigter van dié organsisasie, dr. André Hattingh, sy trekkerreis van 2 500 km op Witrivier begin. Hy word vergesel deur lede van die 911 Riders, polisielede en ’n kameraspan.

Die geselskap het Donderdagaand op Wolmaransstad aangekom. Tydens ’n onthaal het die NG gemeente aan hulle ’n donasie oorhandig.

Maandag vertoef hulle in Clarens.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.