Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 08:27 Thu, 13 Jul 2023
FOTO: Tetyana Kovyrina/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend met 0,18% gestyg.
- In die suidelike halfrond gaan die stroopproses voort in Argentinië onder swak toestande. In Brasilië is die somergeplante oes (groter seisoen) hoofsaaklik in die rypwording tot stroopstadiums onder gunstige toestande. Daar is 'n toename in totale aangeplante oppervlakte vergeleke met verlede jaar.
- In die noordelike halfrond ontwikkel droogte in die VSA, Mexiko, Noord-China en die sentrale Oekraïne. In die VSA ontwikkel droogtetoestande oor 'n groot deel van die 'Corn'-gordel na 'n uiters droë lente.
- Onlangse goeie reën en voortgesette goeie reën oor die volgende maand sal belangrik wees vir die handhawing van opbrengs.
- In die Oekraïne is toestande gemeng weens onlangse warm en droë weer in die sentrale streke tesame met die implikasies van die voortslepende oorlog.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Woensdag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Julie 2023 het met R9/ton (-0,26%) gedaal en teen R3 485/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Julie 2023 met R13/ton (-0,36%) gedaal en teen R3 550/ton gesluit.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Woensdagoggend met 0,82% gestyg.
- In die suidelike halfrond word die oes afgerond in Argentinië vir beide die vroeg aangeplante gewasse (groter seisoen) en die laat aangeplante gewasse (kleiner seisoen) met swak opbrengste en laer gehalte as gevolg van droogte en uiterste hitte deur die seisoen.
- In die noordelike halfrond beïnvloed droogte die oeste in die VSA, terwyl Indië die seisoen met 'n vertraging begin het. In China is toestande gemeng in die hoof produserende gebiede as gevolg van uiters hoë temperature. In Kanada word saai voltooi, en toestande is gunstig.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdag met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2023 met R6/ton (+0,07%) geklim en teen R8 580/ton gesluit.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend 2,07% laer verhandel.
- In die noordelike halfrond is die stroopproses van winterkoring aan die gang en lentekoringaanplanting is besig om onder gemengde toestande af te handel.
- In die EU is toestande gunstig, behalwe in die Iberiese Skiereiland weens 'n rampdroogte.
- In die Verenigde Koninkryk het 'n nat lente toestande deur 'n droë Mei en Junie ondersteun.
- In Oekraïne begin die stroopproses in die suide onder gunstige toestande weg van die oorlogsones. In die Russiese Federasie begin die stroop van winterkoring onder gunstige toestande.
- Lentekoringaanplanting is besig om onder droë toestande voltooi te word. In die suidelike halfrond word daar in Argentinië onder gemengde toestande gesaai.
- Die binnelandse koringkontrakte het Woensdag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2023 met R74/ton (-1,09%) gedaal en teen R6 720/ton gesluit. Die September 2023-kontrak het met R27/ton gedaal en gesluit teen R6 221/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
