On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 07:52 Tue, 18 Jul 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Mike/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 'n opwaartse neiging verhandel.
  • In die Amerikaanse markte bevraagteken handelaars of die USDA se vooruitskattings van 'n rekord groot mielie-opbrengs sowel as 'n rekord groot sojaboonopbrengs realisties is. 
  • As die weer ideaal was vir die res van die seisoen, kan die projeksies reg wees. As nog ‘n tydperk van droogte en warm temperature egter realiseer, sal opbrengste waarskynlik onder projeksies daal. 
  • Nog 'n faktor wat bydra tot die opwaartse druk op mieliepryse, is toenemende geopolitieke uitdagings in die Swartsee-streek.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Julie 2023 het met R147/ton (+4,2%) geklim en teen R3 684/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Julie 2023 met R141/ton (+3,9%) geklim en teen R3 732/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Maandagoggend met 1,48% gedaal.
  • Die algehele sojaboonkomplekse het egter 'n effense styging in pryse beleef. Amerikaanse soja-olie het weekliks met gemiddeld 3,5% gestyg. Die globale oorskot van sojabone sal in 2023/2024 steeds aansienlik wees, ondanks minder as verwagte produksie in die VSA.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met opwaartse tendens verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2023 met R38/ton (+0,45%) geklim en teen R8 540/ton gesluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend 2,23% hoër verhandel.
  • Sondag was 'n belangrike dag vir veral die globale koringmarkte. Die Swartsee-inisiatief was gereed vir hernuwing en Rusland het besluit om die ooreenkoms te staak.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2023 met R128/ton (+1,9%) geklim en teen R6 810/ton gesluit. Die September 2023-kontrak het met R91/ton geklim en gesluit teen R6 210/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.