Agriculture
Onrusbarende toename in veediefstal in Suidoos-Vrystaat─── ELSABÉ DE JAGER 09:01 Thu, 06 Jul 2023
Veeboere in die Suidoos-Vrystaat gaan gebuk onder toenemende veediefstal.
Die meeste gevalle van diefstal is in die distrikte Wepener en Van Stadensrus aangemeld.
Vrystaat Landbou (VL) veiligheidsrisiko-analis dr. Jane Buys sê weens oorgrensmisdaad en sy ligging na aan Lesotho staan dié gebied bekend as ’n brandpunt vir landelike misdaad.
Of die gesteelde vee na Lesotho of dele in Suid-Afrika geneem word, en of ’n sindikaat hierby betrokke is, is onseker.
VL versoek boere om op die uitkyk vir vreemde persone en voertuie te wees. Misdaad van enige aard in dié gebied moet by die polisie en ook hul veiligheidsverteenwoordigers aangemeld word.
