On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Konsepregulasies oor watergebruiklisensies 'bevat magdom foute'

───   ELSABÉ RICHARD 15:43 Tue, 18 Jul 2023

Landbounuus: Konsepregulasies oor watergebruiklisensies 'bevat magdom foute' | News Article
FOTO: Burst/Pexels.

Hoewel elemente van die hersiene konsepregulasies oor watergebruiklisensies nodig en prysenswaardig is – soos die doelwit om die aansoekproses te bespoedig – bevat dit ’n magdom foute, teenstrydighede en onregmatige bepalings.

AfriForum-omgewingsraadgewer Marais de Vaal sê dit wissel van eenvoudige spelfoute en foutiewe kruisverwysings, wat sekere bepalings betekenisloos of verwarrend maak – tot onredelike vereistes, soos streng spertye waaraan aansoekers moet voldoen.

Die sluitingsdatum nader vinnig vir eienaars van leeus in aanhouding om hul belangstelling te registreer in ‘n vrywillige uitgang-opsie. Lid van die ministeriele taakspan dr. Kelly Marnewick sê belangstellendes moet kennis neem die sluitingsdatum is 21 Julie.

Suid-Afrika het in die eerste kwartaal 'n landbouhandelsurplus van 1,20 miljard Amerikaanse dollar aangeteken, 9% hoër as 'n jaar vantevore – ten spyte van produksie en uitvoer uitdagings. 

Dit is nog onseker waarom Rusland onttrek het aan die Swartsee-ooreenkoms. Dié lewensbelangrike ooreenkoms is verlede jaar onderteken ter wille van die uitvoer van graan en ander voedselgoedere uit Oekraïne te midde van die oorlog. Rusland het egter Maandag voor die afsnytyd van die ooreenkoms besluit om te ontrek. Graan SA-landbou-ekonoom, Heleen Viljoen, sê of hierdie ontrekking 'n nadelige uitwerking sal hê op Suid-Afrikaanse produsente en verbruikers.

EN 

Die Vrystaatse landbou-LUR lei 'n Voedselsekerheidsprogram in Phuthaditjhaba, Qwaqwa as deel van die Mandeladag-vieringe. LUR Saki Mokoena het verskeie skole, dagsorgsentrums en klinieke geïdentifiseer wat onderdsteun sal word met tuintoerusting, saadpakkies en skadunette. Sowat 100 bome gaan by verskeie instansies sowel as huishoudings geplant word.

OFM Nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.