On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 21 Jul 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  •  Die Amerikaanse mieliemarkpryse het nog 'n dag van beskeie stygings beleef met pryse wat gemiddeld meer as 3% gestyg het.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het gemeng gesluit met witmielies wat negatief verhandel het en geelmielies positief.
  • Die witmieliekontrak het vir Julie ’23 R20/ton swakker verhandel vir die dag om teen R3 780/ton te sluit. Witmielies vir lewering in September '23 het R27/ton swakker verhandel teen R3 842/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir Julie ’23 het verhandel teen R3 807/ton, R2/ton sterker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in September ’23 het teen R3 900/ton verhandel, R10/ton sterker.

Sojabone:

  • Die Amerikaanse sojaboonmark het Woensdag gepoog om ander grane hoër te volg met gemengde resultate weens ongelyke tegniese verhandeling.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ondersteuning verloor in Donderdag se sessie.
  • Die sojaboon Julie ’23-kontrak het R74/ton swakker verhandel teen R8 730/ton. Die sojaboon September ’23-kontrak het R89/ton swakker verhandel teen R8 865/ton. Die sojaboon Desember ’23-kontrak het teen R9 075/ton, R74/ton swakker verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmark het aansienlike winste behaal, aangesien die lot van die Swartsee-uitvoere tans net so twyfelagtig is as wat dit ooit was.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het wesenlik positief verhandel ondanks ‘n sterker wisselkoers.
  • Die koring Julie ’23-kontrak het teen R6 750/ton verhandel, R56/ton sterker. Die koring September ’23-kontrak het teen R6 489/ton verhandel, R215/ton sterker.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.