On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Afriforum maak veiligheid makliker vir boere

───   HEIDRÈ MALGAS 15:16 Fri, 21 Jul 2023

Afriforum maak veiligheid makliker vir boere | News Article
FOTO: Travis Saylor/Pexels.

AfriForum het 'n assesseringsdokument uitgereik om boere te help om die nodige veiligheidsmaatreëls te verseker om plaasaanvalle te voorkom.

Volgens Afriforum-woordvoerder, Jacques Broodryk, gee hierdie gids ook instruksies aan boere oor effektiewe reaksie ná 'n aanval.

LEES OOK: Selfoonsein-verlies weens beurtkrag lei tot toename in misdaad

Broodryk sê wanneer dit by veiligheidsbeplanning kom, kan baie mense oorweldig voel omdat daar soveel inligting daar buite is, en hierdie handleiding maak dit net makliker vir boere.

"Die handleiding raak aan verskillende aspekte van veiligheidsbeplanning wat nodig is om te verseker dat jy effektiewe planne en kommunikasie het," sê hy.

Die handleiding is baie maklik vir alle boere om te gebruik. 

LEES OOK: Kommer oor traagheid om landelike veiligheidstrategie te implementeer

Die dokument dien as 'n afmerklys vir vereistes soos rampbeheerplanne, kommunikasienetwerke, en toegangs- en ontsnaproetes.

Broodryk beklemtoon dat boere geen ander keuse het as om hulself te beskerm deur hierdie veiligheidsmaatreëls te gebruik nie.

Die dokument is gratis beskikbaar hier.

 

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.