On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Oorweeg SMS-paniekstelsels, sê VF Plus

───   ELSABÉ RICHARD 14:48 Wed, 26 Jul 2023

Landbounuus: Oorweeg SMS-paniekstelsels, sê VF Plus  | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Die VF Plus in die Vrystaat vra landbougemeenskappe, -verenigings en boere moet SMS-paniekstelsels ernstig oorweeg.

Provinsiale leier, Jan van Niekerk, sê daarmee kan boerderygemeenskappe mekaar bewus maak van enige noodsituasies en kan hulp vinniger ontbied word.

Sewe verdagtes kom Donderdag voor vir die moord op Mike Pattinson van die plaas Summerslie in die distrik Harrismith. Vrystaat polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê hulle is Maandag in hegtenis geneem nadat die oorlede se Toyota Urban Cruiser by Tseseng Village in Qwaqwa gevind is met 'n opsporingstelsel.

Intussen sê DA-raadslid, Alison Oats, die Pattinson-familie is geslagte lank 'n hoeksteen van die Harrismith-gemeenskap. Die aanval en moord het die gemeenskap nóg 'n knou toegedien wat die laaste jare talle boere verloor het.

Die Noordwes sambreelbrandbeskermingsvereniging is bekommerd oor moontlike brande. Toestande is gunstig vir veldbrande in die Platinum-provinsie. Die brandbeskerming se Eric Stoch sê hulle kon nie betyds voorbrande maak nie.

EN 

SANParke sê hy is opgewonde oor 'n spesiale vier-by-vier roete, asook 'n staproete in die Ai-Ais Richtersveld Oorgrenspark. Woordvoerder, Genevieve Maasdorp, sê die blommeskouspel is vanjaar iets om te aanskou - van uiteenlopende vetplante tot velde vol madeliefies en ander blomme.

OFM Nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.