Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 27 Jul 2023
FOTO: Nastya Korenkova/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend met 'n effense afwaartse neiging verhandel.
- In die jongste USDA-oesvorderingsverslag was die Amerikaanse mielie-oes kwaliteit onveranderd. Die oes word tans as 57% goed-tot-uitstekend aangewys; 30% matig en 13% swak-tot-baie-swak. In vergelyking met die vorige seisoen is die oes in 'n swakker toestand.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Woensdag met effense afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R26/ton (-0,69%) gedaal en teen R3 766/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R44/ton (-1,14%) gedaal en teen R3 784/ton gesluit.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Woensdagoggend met 0,51% gedaal.
- In die jongste USDA-oesvorderingsverslag is die VSA sojaboonoes effens afgegradeer.
- Die oes word tans as 54% goed-tot-uitstekend aangeslaan; 32% matig en 14% swak-tot-baie-swak.
- Fisiologies, het daar reeds 35% van die sojaboonoes peule gestol. Dit is effens hoër as die vyf jaar gemiddelde.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdag met skerp opwaartse tendens verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R123/ton (+1,40%) geklim en teen R8 900/ton gesluit.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend 0,4% hoër verhandel.
- Tans is koringpryse onseker en wag op nuwe nuus uit die Swartsee-streek.
- In die jongste USDA-gewasvorderingsverslag word aangegee dat die Amerikaanse winterkoringoes 68% geoes is, wat die Amerikaanse koringvoorraad aanvul.
- Die stroopproses is effens agter die vyf jaar tendens. In terme van die VSA is lentekoringtoestande effens afgegradeer.
- Die oes word aangewys as 49% goed-tot-uitstekend; 35% matig en 16% swak-tot-baie-swak. Fisiologies is die lentekoringoes 94% opgekom.
- Die binnelandse koringkontrakte het Woensdag met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R152/ton (+2,22%) geklim en teen R7 000/ton gesluit. Die September 2023-kontrak het met R125/ton gedaal en gesluit teen R6 655/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
