On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

WVBBS – Dekking van produsente, werkers in ongelukke

───   ELSABÉ RICHARD 08:15 Mon, 24 Jul 2023

WVBBS – Dekking van produsente, werkers in ongelukke | News Article
FOTO: Kindel Media/Pexels.

Work Accident Support-stigter, Stephan Pietersen, verduidelik hoe die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes (WVBBS) produsente én hul werkers dek, sou ‘n ongeluk aandiens plaasvind.

Is daar enige ander boetes wat uitgereik sal word in verband met die administrasie van werksbeserings?

Sodra die besering plaasgevind het, moet die produsent die werker so gou as moontlik na 'n dokter vervoer vir mediese behandeling of 'n ambulans ontbied. 

LEES OOK: Boetes vir nie-nakoming van COIDA, aanmelding van werksbeserings en -siektes

Indien die werker nie vervoer word nie, kan ’n boete opgelê word in die guns van die produsent. Die produsent sal die volle onkoste van die vervoer van die werker beboet word.

Sodra die besering gerapporteer is en die werker amptelik van diens af was, moet die produsent die werker se loon of salaris betaal tot en met drie maande en dit terugeis van die Vergoedingsfonds. 

LEES OOK: Produsente se uitdagings met vergoedingsfonds, beroepsbeserings en -siektes

Versuim om dit te doen sal ongelukkig ook daartoe lei dat 'n boete uitgereik word van dubbeld die bedrag van vergoeding vir drie maande plus rente. Die rente word deur die Nasionale Tesourie bepaal.

Hoe word die vergoeding bereken?

Die salaris van die werker x 75% x aantal dae van diens af/aantal dae in die maand toe besering plaasgevind het.  

In landbou vervoer baie produsente self hul werkers vanaf hulle gemeenskappe waar hulle woon, plaas toe en weer terug. Watter veranderinge in terme van die nuwe regulasies vind hier plaas?

In terme van vervoer van die werker word 'n werker gedek nadat hy of sy eers opgetel word. Indien 'n motorongeluk sou plaasvind, kan dit geag word as 'n werksbesering. 

Met die nuwe wysigingswet gaan dit verander deurdat 'n werker "aan diens" sal wees sodra hy of sy die plek bereik waar hulle opgetel word. 

So, indien enigiets gebeur nadat die werker die optelplek bereik het, kan daardie voorval gerraporteer word as 'n werksbesering.

'n Laaste brokkie inligting in verband met die vervoer van werkers – produsente moet kennis dra dat hulle nie werkers moet laat betaal vir die vervoer nie. Indien werkers wel betaal, kan die eise afgekeur word.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.